Noorweu00eb ondersteun kleuterskool
Noorweu00eb ondersteun kleuterskool

Noorweë ondersteun kleuterskool

Tanja Bause
Tanja Bause

Die Prinses Diana Kindergarten op Tsumeb het in 2008 sy deure geopen nadat ’n welsynorganisasie in Noorweë gehelp het om drie klaskamers te bou wat 20 kinders gehuisves het.
Vandag ontvang 120 kinders elke weeksdag klasse by die kleuterskool en tien van die kinders kry ook daagliks ’n voedsame ete.
“Hulle is die mees weerlose kinders, wat uit baie arm huishoudings kom. Ongelukkig laat ons geld dit nie toe om meer kinders te voer nie,” het die stigter, me. Lisken Claasen, gesê.
Daar word ook omgesien na twee verstandelik gestremde kinders van 9 en 11 jaar oud en wat nie na ’n formele skool kan gaan nie.
Die kleuterskool is in die Nomtsoub-woonbuurt geleë. Omdat die gemeen­skap baie arm is, betaal net ’n klein aantal ouers op ’n gereelde basis vir die versorging van hul kinders. Uit dié bydrae word ses onderwysers en opsigters se salarisse betaal. Twee van die onderwysers is vrywilligers uit Noorweë.
“Ons het altyd studente en vrywilligers uit Noorweë hier by die kleuterskool, wat baie help, want ons hoef hulle nie te betaal nie,” het Claasen gesê.
Die kinders is in verskillende klasse ingedeel. Kinders van 1 tot 3 jaar is in die speelgroep, van 4 tot 5 jaar is hulle in die junior groep, en van 5 tot 6 jaar is hulle in die senior preprimêre klas.
Die speelgroep word in ’n houtklaskamer gehuisves, wat letterlik besig is om uitmekaar te val. Ondernemings op Tsumeb is wel besig om dit sover moont­lik te herstel.
NamPower het ook onlangs twee toilette op die perseel begin bou.

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!