Notering skep werksgeleenthede
Notering skep werksgeleenthede

Notering skep werksgeleenthede

Augetto Graig
Augetto Graig



Namibië se grootste verskaffer van mobiele telekommunikasiedienste, MTC, het aangekondig 100 tydelike werksgeleenthede sal geskep word om bewustheid van sy notering op die Namibiese aandelebeurs (NSX) te bevorder.

Die noteringsproses het reeds op 6 September afgeskop en van 20 September tot 1 November sal die publiek aandele kan koop om self aandele in dié reuse-onderneming te besit.

Die maatskappy het laas Vrydag in 'n nuusvrystelling gesê die poste is geldig vir vier maande, en is geskep om te help met die aanvanklike openbare aanbiedingsproses. Die tydelike aanstellings sal MTC in totaal N$4,2 miljoen uit die sak jaag, luidens die vrystelling.



KNEL EKONOMIE

Die groeiende werkloosheidsyfers het 'n reuse- ekonomiese en maatskaplike impak in Namibië en die uitbreking van Covid-19 was 'n verdere terugslag vir die ekonomie, volgens MTC.

MTC se hoofbeampte van menslike hulpbronbestuur, mnr. Tim Ekandjo, sê die maatskappy wil aan jong mense noodsaaklike ervaring bied en die geleentheid skep om 'n verhouding met MTC te bou, wat in die toekoms tot permanente werksgeleenthede kan lei.

“Alhoewel hierdie werksgeleent­hede tydelik is, gee dit hierdie jong mense waardevolle werkservaring wat hulle kan gebruik om hul CV's te versterk en skep die geleentheid vir MTC om hulle te oorweeg vir werksgeleenthede in die toekoms,” sê hy.

Die 100 “ambassadeurs” sal opleiding ontvang om openbare voorligting te gee oor MTC se noterings- en aansoekproses.

Ekandjo het gesê MTC het sedert 2019 geleenthede vir 407 intern­skappe gebied en is verbind daartoe om 160 internskappe per jaar te bied, met 'n maandelikse koste van N$3 000 per maand elk. 

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!