Nou aan die gang
» Namkid, in samewerking met die FNCC, bied met trots die Sosiale Splash-veldtog aan. Hierdie veldtog fokus daarop om Namibiërs te verenig en om saam te staan om maatskaplike kwessies aan te spreek. Temas soos geslagsgebaseerde geweld, die weggooi van babas, armoede, etnisiteit en motorvoertuigongelukke sal bespreek word. Die gesprek sal deur Otto Kapuka gelei word, met die deelname van Big Ben, Ixa, Sensei, Mappz, Brain the Tool en Youngsta CPT. Kaartjies kos N$150 en die gesprek begin om 15:00. Vir meer inligting, besoek die FNCC se webtuiste.
?» Die bekende Namibiese groep The Phoniker Orchestra gaan die Warehouse-teater se verhoog met bekende internasionale treffers van die afgelope vyf dekades inkleur. Die vertoning begin vanaand om 20:00. Kaartjies is by www.eventstoday.com.na teen N$120 of by die deur teen N$150 beskikbaar.
?» Die uiters gewilde Andra tree vanaand by The Dome in Swakopmund op. Sy is tans op haar Namibiese toer waar sy haar nuwe album, A Sound or Something More, bekend stel. Kaartjies vir Andra se vertoning is by die Village Café teen N$120 beskikbaar. Die vertoning begin om 19:00. Skakel 064 404 723 vir meer inligting.
Maandag
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
?» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië bied met trots die vierde Bank Windhoek-triënnale aan. Ná 'n baie suksesvolle debuut in 2008 het nóg twee in 2011 en 2014 gevolg. Die vierde Bank Windhoek-triënnale is 'n grootskaalse uitstalling. Dit duur tot 28 Oktober.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by Flaunt beskikbaar.
?» Hierdie maand bied die Omba-galery 'n pragtige leefstyluitstalling aan wat 'n versameling bykomstighede, juweliersware en kunswerke van Namibiese kunstenaars en entrepreneurs ten toon stel. Elsie Imhof (Fimbi Designs); Karen Kehrmann (Ikhoba); Katia Reviglio (Katia's Creations); Leon Engelbrecht (Unleashed Design) en Christine Van Zyl (Christo's Jewellery) is van die kunstenaars wie se werk op uitstalling sal wees.
?» Earth from Space is 'n grensverskuiwende twee uur lange dokumentêr wat 'n skouspelagtige nuwe ruimte-gebaseerde blik op ons planeet openbaar wat vandag by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging gaan wys. Van die mikroskopiese wêreld van watermolekules wat oor die see verdamp tot die magnetiese velde wat groter is as die aarde self, kan gesien word. Earth From Space onthul die verstommende skoonheid en kompleksiteit van ons dinamiese planeet. Die aanbieding begin om 19:30 en duur 120 minute. Toegang is gratis en is oop vir almal.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 'n openbare tromslaansessie in die boma by Joe's aan. Almal is welkom. 'n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar donasies is welkom. Vir meer inligting, besoek “Ongoma trading as Drum Café Namibia” op Facebook, of hul webtuiste, www.ongoma.com, of www.drumcafe.co.za./Namibia.php.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Die konserte is oop vir almal.
?» Die Goethe-Institut bied met trots The Cost of Wealth aan. Elisia Nghidishange se beeldhou- en drukwerk word uitgestal. Hierdie uitstalling ondersoek die verhouding tussen die strewe na rykdom en die plek van tradisie in 'n kontemporêre en kosmopolitiese samelewing. Nghidishange se beeldhouwerk in klei en papier-mâché, met tradisionele krale uit die noorde van Namibië, beklemtoon die verskil tussen tradisionele en kontemporêre kulture, terwyl die posisie van vroue in die nastrewing van rykdom hiermee gekombineer word. Die uitstalling open vandag om 18:00 en toegang is gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie