Nou aan die gang
» Die Swakopmund Kunsvereniging in samewerking met The Muschel, Fine Art Gallery en Ilana's Hair Gallery bied Saterdag met trots die volgende weergawe van Nacht van die Galeries aan. Die geleentheid neem kunsliefhebbers na vier unieke galerye op die dorp. Verversings en drankies word verskaf. Dit begin om 16:00 by Ilana's Hair Gallery, geleë op die hoek van Nathaniel Maxulili- en Daniel Tjongarerostraat, met die opening van "Amalgamates” - skilderye en keramiekwerke deur Rosa Smit en Betsie van Rensburg. Daarna beweeg besoekers na die Fine Art Gallery, vir die opening van "Shifting Horizons" deur die kunstenaar Jacquie Tarr. Van daar af strek die roete na The Muschel en die Woermannhaus-galery. Dis ‘n jaarlikse gebeurtenis wat jy nie wil misloop nie. Besoek whatsonnamibia.com.na vir meer inligting.
» Die uiters gewilde Wakambi tree môreaand by die Kalahari Jazz Cafe saam met spesiale gas Josh Wenk op. Die show begin om 19:00 en kaartjies kan by die deur teen N$30 gekoop word. Daar is ‘n kontantkroeg. Vir meer inligting, besoek whatsonnamibia.com.na
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.
» Die Kunsvereniging op Swakopmund bied Symphony of Colours aan. Dié groepuitstalling is tans aan die gang by die Woermannhaus-galery. Ondersteun plaaslike kunstenaars en waardeer hul wonderlike, oorspronklike kuns.
Dinsdag
» Creations is ’n uitstalling van die werk van Namibiese kunstenaars ter viering van 29 jaar van onafhanklikheid. Die projek beoog om kunstenaars uit verskillende agtergronde byeen te bring. Van die tradisionele kuns tot hedendaagse werk word uitgestal. Die doel is om ’n wye verskeidenheid dissiplines ’n platform te bied waardeur kunstenaars bande met mekaar kan smee. Creations is tot 3 Mei by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) te sien.
» Dinsdag is karaoke-aand by die Warehouse-teater se Boiler Room. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie