Nou aan die gang

Lloyd Zandberg
» Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se negende keramiekbiënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied. Die geleentheid is die hoogtepunt op die PAN-kalender en lok jaarliks talle inskrywings en pottebakkery-entoesiaste. Die biënnale open vanaand en duur tot 20 September. Bank Windhoek het die geleentheid weer eens ruim geborg, saam met verskeie ander ondernemings in Namibië en Suid-Afrika. PAN bied vanjaar kontantpryse in 'n verskeidenheid keramiek-kategorieë aan. Die kategorieë is onder meer wielwerk, handbeeldhouwerk, nuwe werke en nuweling van die jaar. Die nuweling van die jaar word deur die publiek aangewys. Vir meer inligting, besoek www.pan.iway.or stuur ‘n e-pos na [email protected]

» DHPS bied vanaand ’n basaar ter viering van hul 110de bestaansjaar aan. Die vieringe vind by DHPS plaas en die hekke maak om 17:00 oop. Besoekers word uitgenooi om deel te neem aan opwindende speletjies, pret- en kosstalletjies, ’n koekverkoping en verskillende uitstallings. Daar sal regstreekse optredes deur bekendes soos Elemotho, Lize Ehlers en Phoniker wees. Besoek DHPS se Facebook-blad of webtuiste vir meer inligting.

» Die bekende Suid-Afrikaanse musikant Bobby van Jaarsveld tree môreaand om 18:30 by Pro-Ed op Swakopmunnd op. Kaartjies is by webtickets beskikbaar.

» Die Project Room bied Urte Remmert se solo-uitstalling Tars & Ashes aan. In 2015 het ’n motorongeluk Urte Remmert se lewe verander. Sy het die ongeluk oorleef, maar haar man, wat haar eerlikste kritikus was, het nie. Urte het haar stryd, pyn en hartseer begin dokumenteer om die gebeure te verwerk. Haar aanvanklike gedagtes het sy in sketse, krabbels, gedigte, artikels, woedende uitstortings en klein collages vervat, wat alles in ’n joernaal aangeteken is. “Die neerskryf en sorteer, lees en mediteer het my nie net gehelp om my wonde te genees nie, maar het ook gelei tot vier woedende houtskooltekeninge en 18 collages – sommige kleurvol, sommige in monochromatiese toon.” Vir Urte is kuns ’n genesingsproses “waarby my hele wese betrokke is, wat die menslike toestand bevraagteken en waarin my verstand uiteindelik bevryding en verlossing vind”. Tars & Ashes duur nog en vandag oop. Besoek The Project Room se webtuiste vir meer inligting.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3, in Klein Windhoek, bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» Die Goethe-Institut bied vanaand ‘n dansuitvoering aan. Dance Sport Namibia het 'n hand vol dansers gekies om Namibië tydens die Global Dance Supreme Finals in Suid-Afrika te verteenwoordig. Hierdie geleentheid is om fondse vir die Namibiese span dansers in te samel. Kaartjies kos slegs N$60 en die show begin om 19:00. Besoek die Goethe-Institut se webtuiste vir meer inligting.

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis ’n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Dinsdag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van ’n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.



Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer