Nou aan die gang

Minette Brink
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Dit open vandag en duur tot 9 November. Die uitstalling is geskep deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming haarself as 'n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer wat vertroud is met basiese patroonopstelling en -manipulasie, asook die grondbeginsels om dit in 'n ingewikkelde finale vorm te integreer.“Die neutrale en intieme ruimte van die kunsgalery bied alle besoekers die geleentheid om op hul eie voorwaardes na die uitstalling te kyk: Teen jou eie tempo, sonder tydbeperkings of afleidings,” sê Schimming.



» Die Purple Fig-kookskool hou vandag 'n kos- en wyn-extravaganza by Take Note in die hoofstad. Toegangsgeld is N$40 per persoon en die deure maak om 16:00 oop. Vir meer inligting kontak Roelien by [email protected].



» Die Swakopmund Kunsvereniging bied sy tweede groepuitstalling, Little Big Things, aan. Die amptelike opening is vandag om 18:00 by die Woermannhaus-galery. Hierdie uitstalling is uniek: Alle kunstenaars bly anoniem en hul naam word eers by die koop van sy of haar werk onthul. Elke klein kunswerk het 'n vaste formaat van 20x20 cm. Die vereniging verwag weer eens 'n verskeidenheid verbeeldingryke en oorspronklike werke, wat teen N$450 elk gekoop kan word. Kunstenaars word aangemoedig om verskillende tegnieke en media in te dien. Vir meer inligting besoek whatsonnamibia.com/events



» Vanaand is dit weer tyd vir die Swakopmund Nagmark. Die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre nooi almal uit om die wonderlike atmosfeer te kom geniet, terwyl jy aan die heerlikste kos en wyn smul. Met 'n vuurput, binnehof en allerlei kunsvlyt, is dit die plek om vanaand te wees. Die Dance Factory Swakopmund gaan verskeie items opvoer. Die nagmark begin om 18:30. Vir meer inligting besoek die Swakopmund Hotel and Entertainment Centre se webtuiste.



» Old Mutual Namibia bied môre die eerste Cap Classique & Champagne-fees in Namibië aan. Dit word by die Windhoek Country Club gehou en die hekke open om 15:00. Dit kos N$350 per persoon.



» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 'n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.



Maandag

» Showcase Namibia is 'n geleentheid vir toeriste en Namibiërs om tradisionele danse en plaaslike musiek saam te geniet. Dis 'n gereelde instelling by die Warehouse-teater en word elke Maandag aangebied. Toeriste word aangemoedig om deel te raak van 'n interaktiewe show van 45 minute. Kaartjies is teen N$170 by die deur beskikbaar. Dit begin om 16:15. Vir meer inligting, besoek die Warehouse-teater se Facebook-blad.



Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.



» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.





Woensdag



» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 'n openbare tromslaansessie in die boma by Joe's aan. Almal is welkom. 'n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.



Donderdag



» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!