Nou aan die gang
Kollig kalender 18 Oktober
Grandpa's Story, 'n kinderteaterproduksie met omgewingsvriendelikheid as tema, is tans by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te sien. Dit beeld die belangrikheid van die natuur en bewaring daarvan uit. Die toneelstuk speel af in die antieke en moderne tyd. Dit herinner ons aan die pragtige wêreld waarin ons leef en hoe ons die planeet moet bewaar vir toekomstige geslagte. Die regisseur en skrywer is Wadith van Wyk. Opvoerings is môre om 10:00 en 15:00. Kaartjies kos N$80 vir volwassenes en N$50 vir kinders tussen 4 en 16 jaar. Dit kan aanlyn by Computicket gekoop word.
» Die top-12-deelnemers aan The Voice Namibia Kidz tree môreaand vir die laaste keer by Vintage-koffiewinkel op om vanjaar se wenner te bepaal. Die deelnemers is Mischa Olivier, Rachelle Klazen, Teane de Witt, Annika Henckert, Mason Plaaitjie, Chris-Mari van Wyk, Reece Underhill, Alicia Dobson, Andre de Jager, Jaime Oosthuizen, Jilian Gong, Kieran Plaaitjie en Aneeka Gird. Tydens die finale ronde sal verskeie gevestigde sangers optree. Die geleentheid begin om 19:00 en kaartjies kan teen N$150 per persoon by 081 333 5647 bespreek word. Gaan ondersteun die jong talent in ons land.
» Die Silwer Spoon Hospitality Academy in Windhoek bied môre ‘n bakkerskursus aan. Die kostes beloop N$650 per persoon. Dit sluit alle leermateriaal en bestanddele in. Vir meer inligting en om plek te spreek, stuur ‘n e-pos na [email protected] of skakel 061 240 994.
» Bitcoin kan nie deur enige enkele entiteit soos banke of regerings beheer word nie, wat beteken dit kan nie tot voordeel van individue gemanipuleer kan word nie. Gaan kuier môre saam met Anke Zimny en Anja Wormsbacher om meer oor dié kripto-eenheid te leer. Anke is 'n onafhanklike rekenmeester met 36 jaar se ervaring in die finansiële sektor. Anja is 'n ontwerper en projekbestuurder. Haar kritiese ontledingsvaardighede het haar geïnspireer om Bitcoin deeglik te ondersoek en haar inkomste daardeur te versnel. Die praatjie begin om 09:00 by die Town Lodge in Windhoek. Die sessie is gratis, maar plek moet by https://bit.ly/2KqVeJ8 bespreek word.
» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.
Maandag
» #Selfie is 'n solo-uitstalling deur die Namibiese fotograaf en visuele kunstenaar Lukas Amakali, geïnspireer deur die hedendaagse digitale era en die invloed van sosiale media op die mens. Amakali beskou selfies as 'n voorstelling van homself en sy identiteit. Hy gebruik fotografie om sy gevoel oor die digitale era te uiter. Die reeks werke bestaan uit selfies wat deur middel van ‘double exposures’ geneem is. Die uitstalling open vandag om 18:00 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) en duur tot 9 Novemeber.
Dinsdag
» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.
» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.
» Na die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien.
Woensdag
» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.
» Die lang verwagte plaaslik vervaardigde rolprent Land of the Brave draai tans landswyd in rolprentteaters. Die intrige volg die lewe van 'n stoere polisieman wat ‘n reeks moorde ondersoek en uiteindelik ontbloot, Terselfdertyd is daar 'n meedoënlose verslaggewer wat haar diepste, donkerste geheime uit haar verlede onthul. Besoek mydorpie.com vir meer inligting oor die datums en tye.
Donderdag
» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.
» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Die uitstalling is deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming wat haarself as 'n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer. Dit duur tot 9 November.
» Die Project Room bied met trots die uitstalling Limbadungila deur die kunstenaar Tuli Mekondjo aan. Tuli, wat op Swakopmund grootgeword het, is 'n selfopgeleide kunstenaar. Die uitstalling bevat ‘n reeks werke wat onafhanklike vroue in die alledaagse lewe vasvang, en sodoende die swaarkry en moeilike omstandighede van vandag se lewe weerspieël. In die werke dra die vroue almal iets wat baie waarde vir hul het, en skuil misterieus agter 'n deursigtige sluier. Die sluiers is simbolies vir suiwerheid, maagdelikheid of beskerming. Die uitstalling is tans by The Project Room te sien en duur tot 26 Oktober.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie