Nou aan die gang

Minette Brink
» Die Namibiese musikant Savannah Collins tree vanaand vanaf 19:00 by die Vintage Coffee Shop in Windhoek tydens 'n akoestiese aand onder die sterre op. Sy is ook onder die kunstenaars wat Saterdag 2 November by die Midgard Taste Festival sal wees. Die hoofvermaak by die fees is die Suid-Afrikaanse groep Freshly Ground. Vir meer inligting besoek https://www.midgardcountryestate.com/pages/events/

» Die bekende Suid-Afrikaans akteurspaar Ivan Botha en Donnalee Roberts is vanaand by The Tannery buite Windhoek. Hulle is sprekers by die Rosewood Academy, voorheen bekend as die Welwitschia-skool, se geldinsamelingsgeleentheid. Die deure open 17:30. Daar sal 'n mark en kosstalletjies wees en die geleentheid begin 19:00. Kaartjies kos N$350 per persoon en sluit verversings in. Kontak Marcha Reid by 081 288 2886 vir meer inligting.

» Die Windhoek Oktoberfest 2019 vind vandag en môre by die SKW-sportklub plaas. Die hekke maak vandag 17:00 oop. Kaartjies is by Webtickets en Pick n Pay-winkels beskikbaar.

» Die Stephanus-kerk by Kenneth Kaundastraat 3 in Klein Windhoek bied elke Saterdag van 08:00 tot 12:00 ’n biomark aan. Alle produkte wat by die mark verkoop word, is tuisgemaak of plaaslik gekweek.

Maandag

» #Selfie is 'n solo-uitstalling deur die Namibiese fotograaf en visuele kunstenaar Lukas Amakali, geïnspireer deur die hedendaagse digitale era en die invloed van sosiale media op die mens. Amakali beskou selfies as 'n voorstelling van homself en sy identiteit. Hy gebruik fotografie om sy gevoel oor die digitale era te uiter. Die reeks werke bestaan uit selfies wat deur middel van ‘double exposures’ geneem is. Die uitstalling duur tot 9 Novemeber.

Dinsdag

» Dinsdag is karaoke-aand by die Boiler Room by die Warehouse-teater. Dit begin om 20:00 en hou tot laataand aan. Toegang is gratis. Drankies is by die kroeg en etes by die restaurant beskikbaar.

» Fotografiedosent Djunior Svane bied werkwinkels in digitale fotografie vir beginner- en gevorderde studente aan. Vir meer inligting, skakel Djunior by 081 245 2279.

» Ná die sukses van verlede jaar bied die Swakopmund Kunsvereniging sy tweede weergawe van die Little Big Things-uitstalling aan. Dit bestaan uit werke wat onder meer uit skilderye, collages, afdrukke, juweliersware, tekeninge, pottebakkery, 3D-werke, foto's en draad- of kralewerk insluit, almal 20x20 cm. Dit is by die Woermannhaus-galery te sien en duur tot 17 November.

Woensdag

» Drum Café Namibia, in samewerking met Joe's Beerhouse, bied elke Woensdag van 18:00 tot 19:00 ’n openbare tromslaansessie in die boma by Joe’s aan. Almal is welkom. ’n Beperkte aantal djembe-tromme word voorsien, maar entoesiastiese tromslaners word aangemoedig om hul eie tromme saam te bring. Die sessies is gratis, maar skenkings is welkom.

Donderdag

» Die Jazz Etcetera-geleenthede by die Hilton se Kalabar vind elke Donderdag tussen 19:00 en 21:30 plaas en toegang is gratis. Almal is welkom.

» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots die uitstalling Fashion Beyond Trends aan. Die uitstalling is deur die Namibiese mode-ontwerper Cynthia Schimming wat haarself as 'n visuele storieverteller beskou. Die doel van die uitstalling is om naaldwerkers, kleremakers en opkomende ontwerpers te inspireer. Dit duur tot 9 November.

» Die Project Room bied die uitstalling Limbadungila deur die kunstenaar Tuli Mekondjo aan. Tuli, wat op Swakopmund grootgeword het, is 'n selfopgeleide kunstenaar. Die uitstalling bevat ‘n reeks werke wat onafhanklike vroue in die alledaagse lewe vasvang, en sodoende die swaarkry en moeilike omstandighede van vandag se lewe weerspieël. In die werke dra die vroue almal iets wat baie waarde vir hul het, en skuil misterieus agter 'n deursigtige sluier. Die sluiers is simbolies vir suiwerheid of maagdelikheid, of beskerming. Die uitstalling is tans by The Project Room sien en duur tot 26 Oktober.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!