Nou of nooit vir sokkervroue
Nou of nooit vir sokkervroue

Nou of nooit vir sokkervroue

Sokker
Tielman van Lill
Woody Jacobs, hoofafrigter van die Brave Gladiators, het gister sy oefengroep van 30 spelers aangekondig wat hy vir die Afrika-Nasiesbeker (Afcon) wil afrond.

Die Afcon-toernooi is vir Oktober in Marokko bestem, maar Jacobs sal net 25 van sy oorspronklike groep behou wat op 16 en 23 Februarie teen Zambië sal speel. Vir die Gladiators is dit die finale kwalifiserende ronde om vir Marokko hand op te steek.

Jacobs het gesê: “Zambië is ’n formidabele span. Hulle was by die laaste Olimpiese Spele en het ons verlede jaar by die Cosafa-beker geklop. Maar ons het hul spel bestudeer. Hierdie keer gaan dit ’n perd van ’n ander kleur wees, want alles is vir ons op die spel.

“Van die vroue in die span het reeds vandat hulle 13 jaar oud is vir Namibië diens gedoen. Dit beteken hulle is gesoute spelers teen die tyd. Ek het volle vertroue in my span. Ons vroue sal vir Afcon kwalifiseer. Ons almal het hard gewerk. Namibië is op die randjie om geskiedenis te maak indien ons kwalifiseer.

“Die gemoed van die spelers is hoog, want die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het hom daartoe verbind om die agterstallige geld te betaal wat hy aan die spelers skuld.”

Hy is positief dat die voormalige spankaptein Zenatha Coleman se vorige openbare kritiek op die NFA se administratiewe werkwyse nie teen haar gehou sal word nie.

“Lovisa Mulunga kan weens probleme met haar visum nie die VSA verlaat nie. Maar ek het met Zenatha Coleman oor haar rol gesels. Sy het vantevore saam met die span geoefen. Wat sy in sosiale media gesê het en wat sy op die veld vir ons beteken, is twee verskillende dinge. Ek het haar nodig, die span het haar nodig en ek het dit so aan haar gestel.”

Coleman, wat vir die laaste vyf jaar haar klubsokker vir Valencia in die Spaanse premierliga gespeel het, se skuif na die ewe aansienryke Turkse klub Fenerbahce is ook dié week bevestig.

Robert Nauseb en Mammie Kasaona (hulpafrigters), Stacy Naris en Ndina Shitula (spanbestuurders), Lydia Eixas en Lydia Hartzenberg (bagasie- en toerustingbestuurders) dien as Jacobs se nasionale ondersteuningspan.

Die oefengroep van 30 spelers is Agnes Kauzuu, Melissa Matheus en Gwenneth Narises (doelwagters); Eddelsisingh Naris (kaptein), Ndapewa Katuta, Lydiana Nanamus, Kamunikire Tjituka, Selma Enkali, Veronica van Wyk, Hilma Shipumba, Nicole Philander, Anna Shaende en Ester Amukwaya (verdedigers); Thomalina Adams, Ivonne Kooper, Asteria Angula, Memory Ngonda, Annouschka Kordom, Meltret Ujama, Millicent Hikuam en Shanice Daries (middelveldspelers); Beverly Uueziua, Zenatha Coleman, Hilary Gonteb, Fiola Vliete, Kylie van Wyk, Juliana Blou, Anna-Marie Shikusho, Twelikondjela Amukoto en Vewe Kotjipati (voorspelers).

Die Gladiators durf Zambië eerste in Lusaka aan, voor hulle die tweede wedstryd in Suid-Afrika speel.

– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.13 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.64 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 638.13/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.45/lb UP +3.08% | Zinc US$ 2 995.80/T UP 3.59% | Brent Crude Oil US$ 75.07/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 973.83/OZ UP +1.65% #REF!