Nou toe nou . . .
Nou toe nou . . .

Nou toe nou . . .

Dani Booysen
WILLEM DE WET SKRYF:

Nou wonder ek vanoggend waar die wakker akker is wat my as 'n rassis uitgekryt het toe ek so 'n jaar gelede gevra het dat daar aandag gegee moet word aan die onderhoud van ons atletiekstadion wat besig is om uitmekaar te val onder die huidige bestel.

Lees vanoggend daar is al sprake dat die fasiliteit toegemaak kan word en my "rassistiese" kommer oor die situasie blyk toe reg te gewees het.

Ons leiers ontneem ons jeug van 'n opvoeding, opleiding en 'n toekoms!

Skole sit sonder boeke, sonder krag, sonder water? Hoe moet ons jeug voorberei word om die volgende generasie leiers op te lewer en ons land uit die huidige rommelhoop op te tel as die basiese "gratis" skoling nie plaasvind nie?

Ons sit met wêreldklas potensiaal in sport, maar as ons regering ook die fasiliteite deurtrek, ontneem hulle die ontluikende jeug van die geleentheid om op die gebied naam te maak.

Daar sit soveel "doktas" in die leierskap wat die doktasgraad liewer moet gaan teruggee, want met hul interpretasie van vooruitgang is ons besig om te kwyn op alle gebiede. Van hulle verdien die titel "dokta" waaragtig nie.

So loop die riool in Louwstraat nou al vier jaar ongestoord die rivier af in Goreangab in wat weens die invloei van rou riool in 'n onbruikbare nasionale bate omskep is deur ons huidige regering se onvermoë om basiese instandhouding onder die knie te kry. Ons gaan maar gedienstig en gedwee voort en betaal ons belastings en ons tariewe en lewe in weersin saam met die stank, vlieë, muskiete en die risiko van peste.

Na klagtes het hulle darem nou die rivier kom skoonbagger sodat die riool vinniger sy pad na die dam kan kry, maar dit vloei steeds ongestoord en die honde van die buurt speel te lekker in die gemors. Wonner op wie se bed slaap hulle saans.

Slaap voort doktas. Die kanker is besig om ons nasie en ons mooi land onder julle leierskap oor te neem. Julle en my kinders gaan met die gemors opgeskeep sit en dit is hartseer dat die doktas nie daar sal wees om te verduidelik hoe hulle alles so laat verval het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!