Nou vry Trump na swart kiesers
Donald Trump het Vrydag uitgereik na swart Amerikaners en aan hulle gevra: “Wat het julle om te verloor?”
Hy het gepraat in Dimondale, Michigan, ’n oorwegend wit woonbuurt in Lansing, en het onder meer die ineenstorting van die Amerikaanse vervaardigingsbedryf gekritiseer en teen vryemarkhandelsooreenkomste uitgevaar.
Trump het onder Hillary Clinton en die Demokratiese Party ingeklim en gesê hulle aanvaar swart kiesers as vanselfsprekend. “Julle leef in armoede, jul skole is nie goed nie, julle het geen werk nie, 58% van jul jeug is werkloos. Wat de hel het julle om te verloor?”
Clinton het Vrydag in ’n twiet teruggekap en geskryf: “Dit is so onkundig, ek is verstom”.
Trump het Clinton later daarvan beskuldig dat sy eerder werk aan vlugtelinge sal gee as aan werklose swart Amerikaners. Volgens hom het hulle vlugtelinge in hul eie land geword.
Trump het ’n gehoor van wit kiesers met ’n handjie vol swart Amerikaners en lede van ander minderheidsgroepe toegespreek. Hy het gesê as hy tot president verkies word en hom ná sy eerste termyn weer beskikbaar stel, sal hy 95% van swart kiesers se stemme wen.
’n Nuwe peiling deur NBC News/Wall Street Journal het egter gewys dat Clinton sowat 91% ondersteuning onder swart Amerikaners geniet, met net 1% steun vir Trump.
Vrydag se toespraak deur Trump kom ná groot veranderinge in sy verkiesingsveldtog. Vroeër die dag het Paul Manafort, sy veldtogbestuurder, bedank nadat hy Woensdag die aanstelling van ’n nuwe bestuurder vir sy veldtog om Amerika se president te word, aangekondig het.
Dit het gekom te midde van ’n toespraak Donderdag waarin hy erken het dat baie van sy vroeëre uitlatings ander seer kon gemaak het.
Trump het die afgelope week in toesprake na swart Amerikaners uitgereik. Hy het gesê dat hy armoede gaan uitwis soos wat die Demokrate dit nie sedert Lyndon B. Johnson se termyn in die Withuis kon regkry nie.
Tydens ’n verkiesingsveldtog Donderdagaand in Charlotte, Noord-Carolina, het Trump swart Amerikaners gevra om hom ’n kans te gee. “Die uitslag sal wonderlik wees vir hulle,” het hy gesê. “Wat het julle om te verloor as julle iets nuuts probeer?” - Netwerk24/CNN

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie