Noue ontkoming vir elite ryers
Hy het laat weggespring, maar Jozé Barth het sy naam by die wenners in die Nedbank-reeks gevoeg.
Andrew Poolman - Jozé Barth was Sondagoggend die wenner van die Copperkettle kermesse, wat die derde byeenkoms van Windhoek Pedal Power en Nedbank se padfietsreeks is.
Tydhouer Johan Pretorius moes sy video-opname by die eindstreep gebruik om die finale plasings te bevestig, nadat die eerste tien mansjaers (elite, o.23 en juniors) binne een sekonde klaargemaak het.
Dit was nadat 'n potensiële tragedie oomblikke tevore afgeweer is toe 'n sedanvoertuig in die afgesperde pylvak ingery het – ondanks die verkeerspolisievoertuig en met die voorste groep fietsjaers byna reeds op die laaste draai enkele sekondes later.
Ernstige beserings sou waarskynlik onafwendbaar gewees het teen die snelheid waarmee die ryers reeds in hul finale jaagtog betrokke was (tipies sowat 50 km/h of vinniger) en met 'n stilstaande voertuig in die pad.
Gelukkig is die voertuig betyds verwyder, sodat die fietsryers eers agterna ingelig is van dié noue ontkoming wat hulle vrygepring het.
Vir Barth het die resies met 'n haastigheid begin toe hy 'n bietjie laat opgedaag het en eers ná die res weggespring het.
Gelukkig was die tempo vir die eerste twee of drie rondes glo nie besonder hoog nie en was hy in staat om die voorste groep kort voor die einde van die eerste ronde (9.3 km) in te haal.
Vir die res van die tien rondes vir die elite groep het die pas merkbaar versnel. 'n Paar maal het ryers aanvalle teen die bulte op die roete van stapel gestuur, maar dit het nie vrugte afgewerp nie en hulle is telkens ingehaal.
Drikus Coetzee en Ingram Cuff was twee van die gunstelinge in die resies wat baie deeglik dopgehou is en wat nie toegelaat is om weg te breek nie. Coetzee het agterna erken dat sy lyf steeds die nagevolge van sy swaar verdiende tweede plek by die Nedbank Cycle Challenge van die vorige naweek voel.
In die afwesigheid van die gereelde kampioenjaers Till Drobisch (in Europa) en Costa Seibeb het Barth, wat in die Cycle Challenge vierde was, sy kans afgewag om hierdie keer die eerste plek in te palm – sowat twee meter voor Cuff, André de Klerk en die res.
Die wenners van die eerste twee byeenkomste in die reeks was Drobisch (Dordabis 100 km) en Coetzee (Döbra 98 km).
Michelle Doman was gerieflik eerste van die elite vroue.
Een van die veteraanvroue, Beata Uugwanga, het 'n paar wonde opgedoen en steke aan haar gesig nodig gehad nadat sy geval het. Sy het klaarblyklik beheer verloor nadat sy liggies met 'n ander fietsryer kontak gemaak het.
Drie resiese in die Nedbank-reeks bly nog oor, maar vind eers in die tweede helfte van die jaar plaas, ná die wintermaande waarin die fokus op bergfietsbyeenkomste is.
Sondag se voorste uitslae was soos volg:
ELITE MANS
1 Jozé Barth 2:18:50
2 Ingram Cuff 2:18:50
3 André de Klerk 2:18:50
4 Danny Villinger 2:18:50
5 Drikus Coetzee 2:18:50
6 Heiko Diehl 2:18:51
7 Ananias Ananias 2:18:51
8 Fiffy Kashululu 2:18:54
9 Salseus Nghilifavali 2:31:40
10 Joe-Joe Hamunjela 2:08:37
ONDER 23 MANS
1 Danzel de Koe 2:18:50
2 Brandon Plaatjes 2:18:50
3 FC Smith 2:20:59
4 Diego Izaaks 2:26:19
5 Melkesedek Melki Hamukoto 2:19:00
JUNIOR MANS
1 Charl du Plooy 2:18:50
2 Schalk van der Merwe 2:18:51
3 Marcel Holtz 2:18:55
4 Alex Büchner 2:28:12
5 Timmo Grossmann 2:20:14
JUNIOR VROUE
1 Steffanie Grossmann 1:49:58
ELITE VROUE
1 Michelle Doman 1:56:08
2 Riana Swiegelaar 2:38:05
3 Ester Smith 2:38:06
SUBVETERAAN MANS
1 André Vermeulen 1:56:04
2 Frederick van Greunen 1:56:05
3 Jacques van Zyl 1:56:06
4 Des Doman 1:56:11
5 De Wet Joubert 1:56:12
SUBVETERAAN VROUE
1 Maike Bochert 1:40:55
2 Vicki Vosloo 1:42:04
3 Mimi Hough 1:49:33
4 Adele Conradie 1:52:04
5 Christie van Zyl 1:53:27
VETERAAN MANS
1 Leander Borg 1:56:05
2 Christopher du Plessis 1:56:07
3 Jaco Jacobs 1:56:12
4 Mannie Heymans 1:56:13
5 Louis du Toit 1:56:13
VETERAAN VROUE
1 Anneke Steenkamp 1:40:15
2 Wilmien Chamberlain 1:40:39
3 Patricia Hoeksema 1:40:41
4 Michaela Ham 1:41:38
5 Dawn Adams Redelinghuys 1:49:27
B-KATEGORIE MANS
1 Richard Meeks 1:49:32
2 Tiekie du Plooy 1:49:39
3 Marcel Suren 2:05:59
4 Faizel Nickel 2:10:08
5 Hardus Nel 2:12:42
B-KATEGORIE VROUE
1 Bianca Janse van Vuuren 1:16:23
2 Hildie du Toit 1:16:46
3 Bianca Wilschke 1:19:18
4 Janda Nel 1:27:40
5 Claudia Suren 1:30:41
MEESTERS MANS
1 Gerhard Mans sr. 1:49:25
2 Jan Nel 1:49:26
3 Hans Erdmann 1:49:26
4 Klaus Schade 2:06:00
MEESTERS VROUE
1 Karin Brockmann 1:49:27
2 Hester Cuff 2:06:26
GROOTMEESTERS MANS
1 Koos van Staden 1:49:26
2 Hartmut Ruppel 1:49:33
3 Chris Muir 2:06:00
3 Hans-Peter Drobisch 2:06:00
3 Justin Ellis 2:06:00
ONDER 16 SEUNS
1 Dieter Koen 1:56:08
2 Tevin Nickel 2:16:46
ONDER 16 MEISIES
1 Cindy Rowland 2:08:35
ONDER 14 SEUNS
1 Justin Vosloo 1:49:31
2 Bergran Jensen 1:49:58
ONDER 14 MEISIES
1 Monique du Plessis 1:18:37
2 Michelle Koen 1:53:28
ONDER 12 SEUNS
1 Kevin Lowe 1:15:04
2 Hansie de Villiers 1:16:35
MEISIES ONDER 12
1 Ada Kahl 0:21:26
2 Adrielle Baumgarten 0:24:38
ONDER 12 SEUNS
1 Jaden Scholtz 0:44:24
ONDER 10 MEISIES
1 Delsia Janse van Vuuren 0:24:51
2 John-Darren Esterhuizen 0:27:57
ONDER 10 SEUNS
1 Sean Lowe 0:21:01

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie