NovaNam brei sy vloot uit
Elizabeth Joseph op Lüderitz
NovaNam het Donderdag twee nuwe diepseetreilers ter waarde van N$320 miljoen op Lüderitz ingewy.
Die twee vaartuie, NovaNam One en NovaNam Two, sal ingespan word vir die maatskappy se fabriek om waarde toe te voeg op Lüderitz, waar 1 500 verwerkingspersoneel onder meer verpakkingswerk vir die wêreldbekende Pescanova-handelsmerk doen.
Volgens die maatskappy dien hierdie belegging as deel van die strategiese plan om in sy vloot te belê – wat N$480 miljoen beloop en die aankoop van drie splinternuwe vaartuie tussen 2019 en 2021 behels. Die program het verder ten doel om volhoubare indiensneming vir 2 300 personeellede te verseker.
Mnr. Derek Klazen, die minister van visserye en mariene hulpbronne, het in sy hoofrede gesê Namibië is een van die mees produktiewe visvanggebiede ter wêreld.
“Danksy die Benguela-seestroomstelsel, een van vier oostelike grens-opwellingstelsels in die wêreld, ondersteun hierdie stelsel ryk visbevolkings – wat die grondslag en ruggraat van die Namibiese mariene- en visbedryf vorm.
“Dit is hierdie ryk en volop visvanggebiede wat visvang die hoeksteen van hierdie dorp se ekonomie maak,” het hy gesê.
In 2019 het die maatskappy die eerste van die drie skepe, Lalandii 1, gebou en bekend gestel, wat die eerste van sewe skepe was wat deur die Nueva Pescanova-groep aangevra is om ‘n deel van sy vloot op te gradeer.
Lalandii 1, een van die maatskappy se mees gevorderde skepe, is deur Astilleros Armón in Galicië gebou. Tydens die konstruksieproses is virtuele realiteit as ‘n instrument gebruik om die skip te ontwerp en voortdurend te verbeter.
Dit het die nuutste toerusting, insluitend motors met hoë energiedoeltreffendheid, verbeterings aan die verwerkingstelsel aan boord, en groter gemak vir die bemannings.
Die maatskappy sê op hierdie manier konsolideer hy sy verbintenis tot die skep van plaaslike werksgeleenthede in alle lande waar hy bedrywig is, asook om by te dra tot die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van die gemeenskappe.
EKONOMIESE GROEI
Klazen het voorts gesê dié noemenswaardige verbeterings in die maatskaplike, ekonomiese en omgewingsvoordele vir die gemeenskap na sal verwagting in die vorm van werkskepping, verbeterde lewensbestaan, voedsel en voedselsekerheid wees.
“Die klem is daarop om die gemeenskap in die kern van hierdie besigheid te plaas,” sê hy.
Lüderitz se burgemeester, me. Anna Maria Hartzenburg, het gesê die dorp spog met die eerste vroulike kaptein in Namibië, wat hopelik in beheer sal wees en een van die nuwe vaartuie sal stuur.
“Laat ek nie nalaat om die vissermanne te bedank vir hul harde werk en toewyding wat die sukses van die visbedryf verseker nie,” het sy tydens die inhuldigingseremonie gesê.
Die NovaNam One en -Two is gereed om dadelik uit te vaar. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie