November is blou
November is dié maand van die jaar waarin op Namibiese mans se gesondheid gefokus word.
Prostaatkanker is die algemeenste kanker onder Namibiese mans, en daarom moedig die Kankervereniging van Namibië (CAN) in samewerking met Hollard Insurance, Eros Liquors, Buffelsfontein Brandewyn en Kosmos 94.1FM mans in die land aan om op 29 November blou aan te trek.
Dít om mense van prostaatkanker bewus te maak.
Deel hiervan is die jaarlikse Movember-veldtog, ’n wêreldwye beweging wat mans aanmoedig om vir dié maand snorre en baarde te kweek.
Movember poog om die vroeë opsporing, diagnose en doeltreffende behandeling van kanker te bevorder om die aantal voorkombare sterftes daaraan te verminder.
Buiten jaarlikse ondersoeke moedig die Movember-veldtog mans ook aan om bewus te wees van ’n familiegeskiedenis van kanker.
Namibiërs kan aan die Mo Bro-kompetisie deelneem in kategorieë vir die beste snor (van enige vorm, kleur of lengte), baard of vir ’n “slegte hare-dag”.
Die grootste Movember-ondersteuner is dié persoon wat die meeste geld met ’n skenkersvorm insamel, wat by CAN se kantoor in Windhoek beskikbaar is.
Daar is ook ’n kategorie vir die top- Mo Bro wat nie net ’n baard en snor gekweek het nie, maar ook die meeste geld ingesamel het.
Vrouens kan ook aan Movember deelneem, met kategorieë vir die MoSista wat die meeste geld ingesamel het.
Kontak CAN by (061) 237 740, [email protected] of [email protected] vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie