NPL soek nuwe man ná Doeseb-era
Die voorsitter van die laaste nege jaar het gister onder die toenemende druk bedank.
Andrew Poolman - In 'n bondige nuusverklaring van twee sinne gistermiddag het die Namibië Premierliga (NPL) die bedanking van sy voorsitter, mnr. Johnny Johnson Doeseb, met onmiddellike effek aangekondig.
Doeseb se bedanking noodsaak nou 'n vergadering deur die NPL se bestuurskomitee asook van die beheerraad, het die NPL se woordvoerder Cassius Moetie in die verklaring gesê.
In administratiewe geledere en veral in sekere kringe van die sokkerpubliek is Doeseb erg verkwalik dat geen borgskap nog vasgeknoop kon word sodat die nuwe NPL-seisoen aan die gang kan kom nie.
MTC se onttrekking van sy borgskap vir die NPL se uitgebreide nuwe begroting het die plaaslike sokkertoneel in chaos gedompel, maar tot nou toe het Doeseb by sy standpunt gehou dat hy nie sou bedank nie en dat die sokkergemeenskap eensgesind moet bly om oplossings vir die dilemma te vind.
Die druk het egter toenemend opgelaai, met tien uit die 16 premierliga-klubs wat openlik sy kop geëis het by komende naweek se beplande buitengewone jaarvergadering.
Met MTC aan boord het Doeseb ook goeie tye beleef in die nege jaar wat hy aan die stuur van die NPL se sake gestaan het. Hy is destyds by 'n jaarvergadering deur Black Africa genomineer om by sy voorganger, Hendrik Davids, oor te neem.
Na afloop van die laaste NPL-seisoen het die beheerliggaam egter 'n teregwysende beoordeling van sy hoofborg MTC gekry en het die gety toenemend teen Doeseb geswaai.
Ná die mislukking om die 2016-2017 seisoen betyds te laat afskop, sou hy waarskynlik nie komende naweek se vergadering in sy posisie kon oorleef nie.
Die ooglopende vraag is wie die volgende persoon in die warm stoel behoort te wees om Namibiese klubsokker uit hierdie netelige situasie te lei?
Uiteraard word 'n bekwame administrateur vereis wat nie net oor die wil en die aanvoeling beskik nie, maar wat ook die vernuf en die toewyding het om so 'n wa uit 'n drif te trek.
In sokkerkringe word bespiegel dat name soos Mabos Vries, Lukas Nanyemba en Cassius Moetie, wat almal op die bestuurskomitee dien, as moontlike plaasvervangers op die tafel geplaas sal word.
Gesoute sokkeradministrateurs soos Ranga Haikali (voorsitter van Black Africa se raad) en Boni Paulinho (voorsitter van Black Africa sportklub) sal waarskynlik ook groot steun geniet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie