NPPF hof toe oor standaardtariewe
'n Versoek is aan die minister van finansies gerig vir die skep van 'n mediese beheerraad.
Henriette Lamprecht
Die hoërhof moet besluit of die Vereniging van Namibiese Mediese Fondse (Namaf) se vasstelling van standaardtariewe, sonder spesifieke statutêre magte om dit te doen, grondwetlik is al dan nie.
Volgens die Namibiese Private Praktisynsforum (NPPF) het dit nou as laaste opsie, en met die ondersteuning van die Namibiese Tandheelkundige Vereniging (DAN), besluit om oor die kwessie hof toe te gaan.
Ook volg dit ná verskeie onsuksesvolle pogings om 'n ontmoeting met die minister van finansies te reël om 'n regsmening oor die kwessie te deel en die skep van 'n mediese beheerraad te bespreek wat standaardtariewe vasstel.
In 'n brief aan minister Calle Schlettwein sê die NPPF onder meer Namaf tree toenemend as 'n reguleerder en vassteller van reëls vir private verskaffers van gesondheidsdienste op.
bestuur
Ook bestaan Namaf se bestuur uit verteenwoordigers van die einste fondse wat dit moet reguleer. Die NPPF het 'n regsmening van adv. Reinhard Tötemeyer (SC) by die brief ingesluit.
Volgens dié regsmening het Namaf nie die uitdruklike statutêre bevoegdheid om standaardtariewe vas te stel nie en kan dit slegs staatmaak op 'n subartikel wat bepaal dit mag “enigiets doen wat bevorderlik vir die bereik van sy doelwitte is”.
Die regsmening lui verder dié klousule is waarskynlik ongrondwetlik omdat dit oënskynlik onbeperkte magte aan Namaf bied. 'n Grondwetlike uitdaging van dié bepaling en alles wat in terme daarvan gedoen word en wat die vasstelling van standaardtariewe insluit, is daarom waarskynlik ook ongrondwetlik.
Adv. Tötemeyer maak ook staat op 'n hooggeregshofuitspraak in die geval van die Mediese Vereniging van Namibië (MAN) teen die minister van gesondheid en maatskaplike dienste en onder meer die Namibiese Medisynebeheerraad.
Die uitspraak was ten gunste van MAN en siviele eise teen die regering vir verlies aan inkomste word volgens die NPPF in dié verband voorberei.
Volgens die NPPF is die betrokke regsmening op 12 Desember aan Namaf en ook op 18 April vanjaar aan die ministers van gesondheid en maatskaplike dienste asook finansies voorgelê.
In 'n poging om 'n onnodige regsgeding te vermy, is 'n vergadering met die minister van finansies aangevra. Volgens die NPPF is erkenning van ontvangs van die brief egter nie gekry nie en verskeie pogings om 'n afspraak met die minister te reël, was onsuksesvol.
In die brief is voorts versoek om te begin met prosesse vir die skep van 'n mediese beheerraad wat onder meer die magte sal hê om etiese tariewe ná 'n inklusiewe en wetenskaplik aanvaarbare proses vas te stel.
In Julie 2017 het die hooggeregshof in Windhoek ten gunste van Namaf en nege mediese fondse se appèlaansoek beslis om voort te gaan met die gebruik van maatstaftariewe.
Volgens dié uitspraak is mediese fondse nie ondernemings binne die betekenis van die wet vir mediese fondse nie, en het die Mededingendheidskommissie geen jurisdiksie oor die fondse nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie