NQA kry nuwe raad
NQA kry nuwe raad

NQA kry nuwe raad

Maria Eiseb
Maria Eiseb - Onlangs is berig die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het al sedert Februarie vanjaar nie ’n bestuursraad nie.

Dié kwessie is egter in die hoofstad opgelos met die aanwysing van 64 nuwe raadslede.

Tydens die bekendstelling van die nuwe raadslede het die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, me. Itah Kandjii-Murangi, gesê die raad moet die ministerie in hul uitdagings ondersteun.

Die minister het die nuwe raadslede aangemoedig om die hersiening van die wetgewende beleid te implementeer wat daarop gemik is om die NQA se toesighoudingsbevoegdhede oor die versekering van die gehalte van kwalifikasies te versterk.

Volgens haar moet die raad ook toesien dat die nasionale beleid en wette toegepas word deur verskaffers van opleiding te monitor.

"As ’n land sy onderwysstelsel wil bevorder, moet dit goed gevestig wees en moet die raad die onderwyssektor breedvoerig op verskeie gebiede van raad bedien. Dit sal goeie gehalte bevorder," het Kandjii-Murangi gesê.

Mnr. Johannes Magongo, ’n nuwe raadslid en werknemer van die Namibian Logistics Association (NLA), het gesê hy het lank vir so ’n geleentheid gewag, maar het nie verwag om ’n kandidaat te wees nie.

Magongo sê hy sien uit daarna om op die raad te dien.

"Ons is ‘n groot en lekker span," het hy bygevoeg.

Me. Brenda Skrywer, ’n werknemer van die Bankers Association of Namibia (BAN) en ook ’n nuwe raadslid, sê sy is baie opgewonde oor die werk wat voorlê.

“Ek is bly dat ek as jongmens deel is van ’n raad wat besluite neem oor jeugopleiding.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!