NRU kan su00f3 sy afrigters bepaal
NRU kan su00f3 sy afrigters bepaal

NRU kan só sy afrigters bepaal

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman - 'n Komitee van drie of vier kundiges kan in die komende dae gestalte kry om te besluit wie die volgende nasionale rugby-afrigter van Namibië moet wees.

Die president van die Namibië Rugby-unie, mnr. Corrie Mensah, het gister aan die koerant erken dat hy eers vandag aandag sal kan gee aan die aansoeke wat ontvang is vir die poste wat die beheerliggaam geadverteer het en waarvan die sperdatum afgelope Vrydag was.

Dié poste is vir afrigters en spanbestuurders van die nasionale rugbyspan, die sewesspan en die o.20-span.

David Philander het verlede jaar skaflik gevaar in sy debuutseisoen van die sewesspan, terwyl die Namibiese toetsspan én die Windhoek Draught Welwitschias se afrigter, die Wallieser Phil Davies, ná verlede jaar se Wêreldbeker die pos ontruim het.

Ter voorbereiding op die seisoen is Johan Diergaardt tans waarnemend aan die stuur van die nasionale oefengroep. Hy het verlede jaar die o.20's op hul toer na Kenia geneem.

Mensah het gister gesê: “Ek weet regtig nie hoe (die aansoeke) lyk nie. Ek beplan om 'n drie- of viermankomitee saam te stel wat onderhoude met gepaste kandidate sal voer, hulle sal evalueer en aanbevelings aan die NRU-raad kan doen.”

Volgens Mensah hoop hy om dié proses binne drie weke of minder af te handel.

Namibië se Windhoek Draught Welwitschias moet reeds in April gereed wees om in die provinsiale Super­Sport-reeks sy man te staan, waarvan die voorlopige wedstrydprogram ook die afgelope dae aangekondig is.

Die Welwitschias is in die noordelike groep saam met die verdedigende kampioen Tafel Lager Griekwas, Phakisa Pumas, Vodacom Blou Bulle, Down Touch Griffons, Xerox Goue Leeus XV, Luiperds en die Valke gedeel.

Zimbabwe is in die suidelike groep ingesluit wat ook uit DHL Westelike Provinsie, Boland Kavaliers, Toyota Vrystaat XV, Cell C Sharks XV en Grens bestaan.

Die Namibiërs se drie tuiswedstryde in die Hage Geingob-stadion is teen die Blou Bulle, die Griffons en die Pumas. Hul voorlopige skedule:

24-26 April: tn Vodacom Blou Bulle in Windhoek.

1-3 Mei: tn Xerox Goue Leeus XV in Johannesburg.

8-10 Mei: tn Tafel Lager Griekwas in Kimberley.

15-17 Mei: tn Down Touch Griffons in Windhoek.

22-24 Mei: tn Luiperds op Potchefstroom.

29-31 Mei: tn Pumas in Windhoek.

5-7 Junie: tn Valke op Brakpan.

Die semifinale is op 13/14 Junie en die finaal op 27/28 Junie.



INSETTE VAN KLUBS

Mensah het intussen met 'n uitreikprogram na plattelandse klubs begin. Hy het die afgelope Vrydag klubs van die noorde op Otjiwarongo ontmoet en die volgende dag op Walvisbaai dieselfde vir die kusstreek gedoen.

Volgens hom sal die Sentraalstreek komende Woensdag aan die beurt kom, gevolg deur //Karas komende Saterdag en Hardap op 28 Februarie.

“Die doel van die besoeke is onder meer om op die grond te hoor wat die uitdagings van die onderskeie klubs is; om aanbevelings te ontvang ter oorweging deur die Raad en inligting te deel rakende programme en planne van NRU.

“Ek wou ook inligting deel oor voorgenome grondwetlike veranderinge by die komende jaarvergadering op 28 Maart, om in lyn te kom met ons nuwe strategiese doelwitte.

“Verder word sterk klem gelê op ontwikkeling. Klubs, veral op die platteland, kry geweldig swaar in die huidige ekonomiese klimaat en ver­skeie klubs moes al hieroor halt roep.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!