NRU-kongres weeg Basson in verkiesing
Winde van verandering sal ná die naweek deur die land se mees suksesvolle spansport waai.
Andrew Poolman - Veranderinge aan die topstruktuur van die Namibië Rugby-unie (NRU) is 'n uitgemaakte saak wanneer die beheerliggaam se algemene jaarvergadering en verkiesing môreoggend by 'n Windhoekse hotel gehou word.
Die president sedert Maart 2012, mnr. Bradley Basson, se twee termyne van drie jaar elk het verstryk.
'n Mosie is egter deur mnr. Flip Louw, voorsitter van Wanderers, ingedien dat die grondwet gewysig word om die termyn van die NRU-president tot vier jaar te laat verleng.
Louw se voorstel word gemotiveer om die NRU-termyne te laat strook met Wêreldrugby se vierjaarsiklusse tussen Wêreldbekers en om terselfdertyd 'n mate van kontinuïteit aan die inkomende en toekomstige topbesture te verseker.
“Wêreldrugby is die vernaamste geldbron vir Namibiese rugby en het tevore hul kommer uitgespreek dat die NRU-grondwet tans nie genoegsame kontinuïteit vir sleutelposisies op die senior bestuur toelaat nie,” skryf Louw in sy mosie, wat deur United se voorsitter Winmar Rust gesekondeer is.
Andersyds het die huidige NRU-raad ook 'n mosie ingedien dat die grondwet gewysig word om vir 'n erepresidentskap voorsiening te maak, waarvoor Basson dan genomineer word.
Basson word uitgelig vir sy groot bydrae dat sedert sy oorname in 2012 die noodsaaklike belanghebbendes soos Wêreldrugby, Rugby Afrika, die regering en borge se vertroue in in die NRU herstel is.
“Sy visioenêre leierskapstyl het Namibiese rugby in 'n veel sterker posisie geplaas – nie net in Afrika nie, maar wêreldwyd. Basson is op Rugby Afrika se uitvoerende bestuur verkies en dien steeds daarop. Hy het ook in 2016 en 2017 die onderhandelinge gelei om vergrote toelae vir ons hoëprestasie programme van Wêreldrugby te beding,” skryf die NRU-raad se visepresident vir bestuursake, mnr. Petrie Theron.
“Bradley glo sterk dat doeltreffende sportbestuur op leierskap, integriteit en goeie oordeel staatmaak.”
Stemming oor Basson se toekoms sal aan die NRU se lede, vernaam die rugbyklubs, oorgelaat word en sal ook die res van die verkiesing vir die ander topposte beïnvloed.
KANDIDATE
Dit is reeds bekend dat die volgende persone vir die NRU-topposisies genomineer is:
President: Mnre. Corrie Mensah (benoem deur Keith Allies van Western Suburbs en gesekondeer deur Christie Windvogel van Unam), Ivan Gaya (benoem deur Winmar Rust van United en gesekondeer deur Jurie Booysen van West Coast Sharks) en Bradley Basson (benoem deur Flip Louw van Wanderers en gesekondeer deur Winmar Rust van United).
Visepresident vir bestuursake: Mnre. Ettienne Coetzee (benoem deur Ronaldo Pedro van Reho Falcon en gesekondeer deur Johannes Ockhuizen van Rehoboth rugbyklub), Ivan Gaya (benoem deur Winmar Rust van United en gesekondeer deur Jurie Booysen van West Coast Sharks), Thomas Mbeeli (benoem deur Edward van Wyk van Jaguars en gesekondeer deur Bronwin Basson van Phoenix) en Bradley Basson (afsonderlik benoem deur Ernst Dodds van Jaguars en Flip Louw van Wanderers en gesekondeer deur Bronwin Basson van Phoenix en Winmar Rust van United).
Visepresident vir rugbysake: Ivan Gaya (benoem deur Winmar Rust van United en gesekondeer deur Jurie Booysen van West Coast Sharks), Thomas Mbeeli (benoem deur Ernst Dodds van Jaguars en gesekondeer deur Bronwin Basson van Phoenix) en Zane Jansen (benoem deur Sylvia Minnar van Dolphin rugbyklub en gesekondeer deur Theodore Cookson van Erongo Rugby Academy).
Raadslede vir sentraalstreek (3): Johannes Ockhuizen, Bronwin Valerie Basson, Edwin Coetzee en James Camm.
Raadslid vir suidelike streek (1): David van Kradenburg.
Raadslid vir westelike streek (1): Piet Lourens en Chandler Plato.
Raadslid vir noordelike streek (1): Harry van Niekerk.
Die Rugby-unie se jaarvergaderings in onlangse jare het dikwels met onenigheid gepaard gegaan, of is ook deur 'n uitstappery gekenmerk.
Beswaarde faksies het tevore hul kommer en ontevredenheid te kenne gegee dat die NRU nie genoeg doen om klubrugby as die ruggraat van die plaaslike spel op senior vlak te stimuleer nie.
Dit terwyl die NRU daardeur beperk word dat inkomste wat van Wêreldrugby ontvang word, net op spesifieke goedgekeurde uitgawes verwant aan nasionale spanne bestee mag word.
Daar word gereeld uitgewys dat spanne in die plaaslike klubligas nie geldelike bystand vir hul onkostes ontvang nie en gevolglik sukkel om kop bo water te hou, terwyl selfs die wenners nie met enige prysgeld beloon word nie.
Môre se jaarvergadering sal die eerste wees sedert die nuut gestigte maatskappy Namibië Rugby Beperk in Januarie vanjaar bekend gestel is.
Die maatskappy se voorgenome doel is om die kommersiële aspekte van die land se rugby, insluitend borgskappe en nasionale spelerskontrakte, te bestuur, asook alle sake rakende nasionale spanne. Die NRB sal die vergadering as waarnemers bywoon.
Die oënskynlike uitdaging is dalk om 'n bestuurskomitee te verkies wat beide gesoute rugby-administrateurs met ondervinding, asook 'n gesonde mengsel van nuwe bloed bevat.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie