NRU-premierliga herleef
Klubrugby
Andrew Poolman – Ná die doodgebore 2020-klubseisoen word met entoesiasme uitgesien na môre se afskop van die Namibië Rugby-unie (NRU) se premierliga, met twee geskeduleerde wedstryde.
Die onvoorspelbaarheid van sport te midde van Covid-19 word egter daarin weerspieël dat FNB Reho Falcon hom moes onttrek uit sy bestemde ontmoeting met die heersende kampioenspan Trustco United. Vanweë positiewe gevalle by die Rehoboth-klub is die versoek gerig om dié wedstryd uit te stel.
FNB Wanderers se “tuiswedstryd” teen FNB Western Suburbs geskied môre op die Hage Geingob-stadion, omdat sy veld in Pionierspark lankal vir die Richelieu T20-franchisereeks bespreek is.
Wanderers, nou met Rohan Kitshoff as afrigter, kom teen die Khomasdallers te staan van wie Jacky Bock aan die stuur van sake is.
Môre se ander wedstryd is by die Narraville-stadion op Walvisbaai, waar FNB Kudus sy veldtog op sy tuisveld teen FNB Rehoboth open. Die besoekers, óók met 'n nuwe afrigter in Johan Wohler, het in hul onlangse opwarmwedstryd by Suburbspark gesukkel om op dreef te kom en het met 12-40 verloor.
Die ander twee klubs in die premierliga, FNB Grootfontein en FNB Unam, het môre 'n loslootjie.
FOTO
Dumarcho Hartung. vleuel van FNB Western Suburbs, in aksie toe die span sy opwarmwedstryd teen FNB Rehoboth gewen het. Foto Andrew Poolman

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie