NRU se toerplan val deur die mat
NRU se toerplan val deur die mat

NRU se toerplan val deur die mat

Die nasionale beheerliggaam het alles in die stryd gewerp om die o.20-span se reis op koers te hou.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibië Rugby-unie (NRU) het die afgelope tyd uit sy pad gegaan om teen die oorweldigende omstandighede in wel sy onder 20-span se deelname aan die Rugby Afrika Barthéstoernooi in Nairobi, Kenia, moontlik te maak.
Dié stryd moes gister finaal gewonne gegee word, ondanks die feit dat die o.20- spelersgroep en -bestuur reeds ná afloop van vroeër proewe en oefenkamp gekies en in ’n spesiale bio-borrel geplaas was met die voorneme om gister die vliegtuig na Oos-Afrika te haal.
Die NRU het agter die skerms verskeie hoëvlak onderhandelinge en samesprekings met verteenwoordigers van die ministeries van sport asook van gesondheid en maatskaplike dienste aangepak en het aanvanklik die groen lig verkry vir die toer om onder streng voldoening aan protokol te mag voortgaan.
Die finale nekslag was egter toe die uitslae van die groep se Covid- 19-toetse laat Saterdagmiddag verkry en omtrent ’n dosyn positiewe uitslae gelewer het.
Nadat die NRU die afgelope tyd reeds gedwonge veranderinge aan die o. 20-oefengroep onder afrigterskap van mnr. Jood Opperman moes aanbring, was daar gister nie meer tyd oor om soveel plaasvervangers te betrek wat hopelik negatief vir die coronavirus sou toets nie.
Hoewel die NRU twee naweke gelede aangekondig het dat hy sy span vir die o.20-toer onttrek het, het die beraadslaging in oorleg met Rugby Afrika em amder rolspelers voortgeduur.
Die Keniaanse Rugby-unie het afgelope Woensdag in ’n nuusberig op sy webblad verklaar dat die Namibiërs vandag die eerste van die drie besoekende spanne sou wees wat in Nairobi sou aankom, gevolg deur Madagaskar en Senegal.
Die eerste wedstryddag is vir Woensdag bestem, voor die eindstryd en bronsfinaal komende Saterdag.
Die Barthes-toernooi dien as Rugby Afrika se o.20-kampioenskap, met die wenner wat normaalweg vir Wêreldrugby se O.20 Trofee-toernooi kwalifiseer.
Die wêreldbeheerliggaam het egter reeds bevestig dat laasgenoemde toernooi nie vanjaar aangebied sal word nie.
Die Covid-19-pandemie het in 2020 ook die aanbieding van Rugby Afrika se toernooie in die wiele gery. Die vorige jaar het Namibië se o.20’s hul greep op die kontinentale topposisie laat glip toe hulle in Nairobi met 18-21 deur Kenia geklop is, wat daardie jaar aan die wêreldtoernooi in Brasilië gaan deelneem het.
[email protected]


FOTO
Die Namibiese o.20-span onder afrigterskap van Jood Opperman sal ondanks die opbouwerk tot dusver geen toer onderneem nie. Foto Andrew Poolman

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A