NS-premier sê kabinet ondersteun verandering aan vuurwapenwette
Jacinda Ardern, Nieu-Seelandse premier, het gisteroggend Suid-Afrikaanse tyd aangekondig dat die Nieu-Seelandse kabinet die verandering aan vuurwapenwette in beginsel ondersteun.
Ardern sê die kabinet sal eers volgende Maandag ontmoet, waar hulle besprekings verder sal vat.
Sy het gister met die kabinet vergader sodat hulle oor strenger vuurwapenwette kan praat nadat minstens 50 mense Vrydag by twee moskees in Christchurch doodgeskiet is.
'n 28-jarige Australiese man word daarvan verdink dat hy op mense in die moskee losgebrand het en sal eersdaags weer in die hof in verband met die moorde verskyn.
David Tipple, die eienaar van Gun City in Nieu-Seeland, het intussen na vore gekom en erken dat sy winkel vuurwapens aan die verdagte verkoop het.
Hy sê die verdagte het die vuurwapens aanlyn gekoop, maar ontken dat hy die kragtige vuurwapen wat tydens die aanvalle in die moskees gebruik is, aan die verdagte verkoop het.
Tipple sê die verdagte het vier vuurwapens en ammunisie tussen Desember 2017 en Maart 2018 gekoop.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie