NSAF: Nu00f3g slegte nuus vir studente
NSAF: Nu00f3g slegte nuus vir studente

NSAF: Nóg slegte nuus vir studente

Volgens studente moet die minister van onderwys, opleiding en vernuwing bedank as 'n vorige ooreenkoms nie eerbiedig word nie.
NAMPA
Die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing staak met onmiddellike effek terugbetalings wat studente gefinansier deur die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), van tersiêre instellings ontvang.

Die minister, dr. Itah Kandjii-Murangi, het gister vir die sowat 200 studente wat voor haar kantoor betoog en 'n petisie oorhandig het, gesê dit is ’n besparingsmaatreël. Enige geld wat oor is nadat die NSFAF klasgelde betaal het, sal vir ander studente se studies aangewend word.

“Ons kan nie voortgaan om studente elke jaar ten volle te betaal nie, omdat eerstejaarstudente ook betaal moet word - tensy studente wat hul studies voortsit, al die geld vir hulself wil hou en ander se opleiding wil belemmer,” het die minister gesê.

Studente van die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) en die Internasionale Universiteit van Bestuur (IUM) het die minister se versekering geëis dat volgens die kontrak opgetree word wat in 2015 tussen die studente en die NSFAF gesluit is. Met die kontrak is betaling van 100% klasgeld en 80% nie-klasgelde bepaal.

Die studente sê in hul petisie, voorgelees deur die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) se visepresident, Bernard Kavau, 'n nuwe kontrak is sedertdien opgestel wat die 2015-ooreenkoms verbreek.

Dit beteken dat studente nou moet las by die N$17 000 vir nie-klasgelde wat aan alle gefinansierde studente gegee is.

“Die N$17 000 is nie genoeg nie. Die meeste van ons sal nie die uitstaande bedrag kan bekostig nie. Dit kan daartoe lei dat sommige van ons nie eksamens mag skryf nie en nie ons punte sal kry nie,” het die studente gesê.

Hulle het geëis dat die kontrak so gou as moontlik opgesê word, en sou die minister dit nie doen nie, moet sy bedank.

Kandjii-Murangi het aan die studente gesê die NSFAF het wel sy belofte aan hulle nagekom en hul klasgeld ten volle betaal. Tog kan daar gevalle wees waarin studente weens die verskille in studierigtings uit eie sak bybetalings moet maak, het sy gesê.

Die minister het die studente versoek om begrip vir die situasie te hê en die regering tegemoet te kom totdat dié weer op sy voete is.

Die studente het egter onderneem om hul betoging voor die regeringskantoorgeboue voort te sit totdat 'n nuwe kontrak opgestel is of die bepalings van die vorige een weer geld. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer