NSC en Revivals oorheers NVF-beker

Die mansspan van Ondangwa Korrektiewe Dienste en Revivals se vrouespan is as kampioene van die Bank Windhoek Namibiese Vlugbalfederasiebeker in Walvisbaai gekroon.
Tielman van Lill
Jesse Jackson Kauraisa

Die onderskeie kapteine van die Bank Windhoek NVF-bekerwenners het hul dankbaarheid teenoor hul spanmaats uitgespreek ná hul sukses by die Jan Wilkens-saal in dié kusdorp.

Simon Ekandjo, spankaptein van korrektiewe dienste, het gesê alle spanlede en toeskouers het 'n rol in hul oorwinning gespeel. Die span van Ondangwa het met 'n sege van 3-1 teen die Namibiese weermag (NDF) die titel verseker. Revivals het Kudos op hul beurt met 3-0 vir hul beker in die finaal oorskadu.

Beide klubs het met hul seges in die finaal vir die Sone 6-klubkampioenskap gekwalifiseer wat volgende jaar in Mosambiek gehou word.

Ekandjo het gesê: "Ek is tevrede met ons oorwinning in die finaal en wil graag die spelers vir hul spel bedank. Dit was nie 'n maklike kompetisie nie, maar ons het die eindstryd met deursettingsvermoë en spanwerk gehaal om die beker huis toe te vat."

Nokokure Kambatuku van Revivals het gesê spanwerk is die sleutel tot sukses vir hul sege.

"Ons het as 'n span gespeel en dit het dit vir ons makliker gemaak om die beker te wen. Al die spelers is baie gelukkig en opgewonde met wat ons in die toernooi bereik het," het die kaptein gesê.

Die kompetisie het oorspronklik verlede maand in Ongwediva met agt mans- en vrouespanne afgeslaan met meer as 320 spelers wat vir die NVF-beker meegeding het.

In die kwarteindstryd het Ondangwa Korrektiewe Dienste vir Katima-Unam met 3-1 geklop, terwyl Six Stars die Katima Sneakers met 3-0 gestuit het.

Kudos se oorwinning teen Windhoek-Unam met 3-0 het hulle die semifinale laat bereik.

Die NDF se paadjie van die kwarteindstryd na die semifinale was maklik deur Rundu Rural gemaak toe hulle Rural maklik geklop het. In die semifinaal teen Kudos, het Kudos nie veel antwoorde vir die NDF se spel gehad nie en word uit die kompetisie geboender.

Korrektiewe dienste se paadjie na die eindstryd het ten koste van Six Stars gekom, met die tronkbewaarders wat 'n 3-1 oorwinning oor die Kudos behaal het.

Die eerste kwarteindronde in die vrouekategorie is tussen die Namibiese vloot en NDF gespeel, aangesien albei spanne van die ministerie van verdediging gretig was om mekaar in 'n klassieke derby te pak.

NDF het spogregte in die opwindende wedstryd opgeëis nadat hulle met 3-1 geseëvier het wat genoeg was om 'n plek in die halfeindronde te bespreek.

Die NDF-span se oorwinningsvieringe was van korte duur nadat hulle in die halfeindronde met 3-0 teen Revivals verloor het.

Die Kudos-vroue het tot die eindstryd gevorder nadat hulle Khomas Nampol met 3 stelle teen 1 geklop het om Revivals in die eindstryd te ontmoet.

Die Kudos-mans het die derde plek behaal deur Six Stars met 3-1 te klop, terwyl die vroue in uniform die bronsmedalje van die kompetisie verseker het deur Khomas Nampol met 3-1 te verslaan.

Edward Tomas, voorsitter van die Erongo-streekvlugbalfederasie, het net lof vir die wenspanne gehad.

"Ek wil graag die spanne bedank wat hierdie toernooi moontlik gemaak het, want dit was 'n plesier om te kyk hoe die spelers hul harte uitspeel. Die toeskouers is net so merkwaardig omdat die sale goed gevul was.

"Ek wens die gehalte kon beter gewees het, maar dit is ook verstaanbaar gegewe dat ons die coronavirus in ons midde gehad het en dit het dit vir die spanne en spelers moeilik gemaak om vanjaar gereelde kompetisies te hê," het Tomas gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A