NSFAF-baas geskors
Die voorsitter van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), mnr. Jerome Mutumba, het vanoggend (Mandag) aangekondig dat dié instelling se hoof uitvoerende beampte, me. Hilya Nghiwete (foto), geskors is.
Dit is gedoen hangende die uitkoms van ? ondersoek by die NSFAF. Nghiwete word beskuldig van wanadministrasie, administratiewe korrupsie en wangedrag, “wat by voorlopige hersiening deur die raad prima facie-redes verskaf het wat regverdig dat in die belang van die instelling en die publiek in die algemeen, sekere dissiplinêre stappe teen haar oorweeg word",sê Mutumba.
Die besluit is eenparig geneem. Die raad is in Januarie deur die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, aangestel met opdrag om die fonds weer onder die beheer van die ministerie te bring.
Die raad bestaan uit dr. Christina Swart-Opperman, as Mutumba se adjunk, mnre. Stephan Tjiuoro (Namibiese Vereniging van Mediese Fondse), mnr. Ananias Abner (onderwysministerie), me. Adda Angula (Ontwikkelingsbank van Namibië), me. Natascha Cheikhyoussef (hoër onderwysdepartement), mnr. Isak Neema (Statistieke Agentskap van Namibië) en me. Tulimeke Munyika (ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking) .

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie