NSFAF: Brief oor studentelenings 'n slenter
NSFAF: Brief oor studentelenings 'n slenter

NSFAF: Brief oor studentelenings 'n slenter

Ronelle Rademeyer
'n Skrikbrief op sosiale media wat aankondig dat die Finansiële Ondersteuningsfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) tydens 'n kuberaanval van N$17 miljoen beroof is en nie verdere leninghouers se studiegeld in 2017 gaan betaal nie, was 'n slenter.

Die brief verklaar verder valslik dat alle studente met lenings van hierdie regeringsinstansie in 2018 en daarna self hul klasgelde sal moet betaal. Dit is op 31 Mei op die NSFAF se briefhoof en onder die naam van mnr. Kennedy Kandume, senior operasionele bestuurder, uitgestuur.

Verder word 'n beroep in die brief op leninghouers gedoen om die NSFAF te kontak sodat reëlings vir die terugbetaling van die geld wat deur hulle ver­skuldig is, getref kan word.

Die NSFAF sê in 'n kennisgewing wat op 1 Junie uitgereik is hierdie inligting is vals.

“Die NSFAF wil hom van hierdie kwaadwillige inligting distansieer en stel die Namibiese nasie gerus dat die brief nie eg is nie.”

Die NSFAF versoek ook dat mense nie die brief verder versprei en onnodige paniek veroorsaak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!