NSFAF moet opdok vir Nghiwete, Kandume
NSFAF moet opdok vir Nghiwete, Kandume

NSFAF moet opdok vir Nghiwete, Kandume

Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal vanaf einde September die geskorste uitvoerende hoof, me. Hilya Nghiwete, se salaris moet betaal – al daag sy nie op nie terwyl die NSFAF teen haar heraanstelling appelleer.
Nghiwete moet vir diens aanmeld ná die arbeidskommissaris die NSFAF opdrag gegee het om haar – en niemand anders nie – weer op 1 September in haar amp aan te stel.
Afgesien van haar salaris, moes die fonds ook N$2,2 miljoen voor einde Augustus opdok nadat Nghiwete nie sedert haar skorsing in April 2018 betaal is nie.
NSFAF sal ook die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Kennedy Kandume, se salaris betaal.

Die NSFAF se woordvoerder, mnr. Olavi Hamwele, wou nie oor dié verwikkelinge kommentaar lewer nie en het gesê dit is sub judice. Hy wou ook nie reageer op die vraag of die fonds van plan is om teen die uitspraak te appelleer nie.

Die minister van hoër onderwys, me. Itah Kandjii-Murangi, het ook oor die aangeleentheid geswyg en vrae na die voorsitter van die NSFAF-raad, mnr. Klemens /Awareb, verwys. Hy het egter die minister se voorbeeld gevolg en net gesê die saak is in die howe se hande.

G’N VERDUIDELIKING
Die Windhoekse hoërhof het ná ’n uitgerekte hofstryd beslis dat Nghiwete, wat N$160 000 per maand verdien, in haar amp heraangestel moet word.
Om dié rede was sy vir ’n kumulatiewe tydperk van 21 maande geskors en uiteindelik in Februarie 2020 het die fonds haar afgedank.
Nghiwete het onder skoot gekom ná die fonds versuim het om verslag te doen oor geld wat aan studente geleen is. ’n Parlementêre staande komitee het die verskille bevraagteken tussen die NSFAF se grootboek en ander finansiële state vir die boekjare wat op 31 Maart 2009 en 2010 geëindig het – verskille wat onderskeidelik N$342 027 473 en N$373 462 174 beloop het.
Nghiwete kon egter nie die ongerymdhede verduidelik nie en het die komitee meegedeel die fonds word deur die ministerie van onderwys bestuur, aangesien dit destyds ’n direktoraat van dié ministerie was.
[email protected]


FOTO
Me. Hilya Nghiwete sal vanaf einde vandeesmaand haar maandelikse salaris ontvang – al het sy nog nie vir diens aangemeld nie. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!