NSFAF: Studente kry hulp
Daar is lig in die tonnel vir studente wat afhanklik is van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente se finansiering.
ont face="Verdana" >
Augetto Graig - Die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso) sê die 12 624 nuwe studente wat aanvanklik nie vanjaar finansiële hulp sou ontvang nie, gaan nou ondersteun word.
Nanso se sekretaris-generaal, mnr. Simon Taapopi, het verlede week dié inligting in 'n persverklaring verstrek.
Teen Woensdag is finansiering vir twee-derdes van dié 12 624 studente verkry, terwyl 'n finansieringsplan vir almal na verwagting binne die volgende twee weke opgestel sal word.
Dit volg ná 'n vergadering Maandag met die eerste minister; die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing; amptenare van die ministerie van finansies; verteenwoordigers van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF); en Swapo se jeugliga.
Taapopi sê Nanso het by die vergadering voorstelle gemaak oor hoe die eerstejaarstudente gehelp kan word.
Volgens hom het Nanso se nasionale uitvoerende komitee dié voorstelle in samewerking met verskeie belanghebbers saamgestel, met die mikpunt dat alle kwalifiserende studente se studies gefinansier moet word.
Die NSFAF het vroeër gesê hy kort nog N$641 miljoen om dié studente se studies te ondersteun.
In Mei het die hulpfonds aangekondig sy jaarbegroting van N$1,138 miljard dek net die studies van die sowat 35 000 begunstigdes wat reeds op hul boeke is, en minder as 3 000 van die 15 087 nuwe studente wat kwalifiseer kan in 2019 gehelp word.
“Geen Namibiese student mag toegang tot hoër onderrig geweier word nie,” het Taapopi gesê.
“Die regering is daartoe verbind om alle moontlike maniere te ondersoek waarmee die res van die studente geakkommodeer kan word.
“Die regering het 'n komitee gestig om die kwessie te ondersoek. Finale terugvoering oor 'n finale finansieringsplan sal binne twee weke gegee word. Dit beteken studente wat nie deel is van die 2 925 wat reeds gefinansier word nie, en onder die 12 624 is, sal vir die tweede semester kan registreer,” het Taapopi gesê.
Tydens die vergadering het die ministerie van hoër onderwys ingestem tot die skep van 'n liggaam wat studiegeld reguleer. Die ministerie oorweeg dit om 'n fooi te hef van werkgewers wat gegradueerdes in diens het. Dié geld sal aangewend word om NSFAF-finansiering volhoubaar te maak.
Die ministerie van finansies sal ook binnekort die onderriginstansies betaal waar die betrokke studente studeer.
Taapopi sê die probleem met finansiering kom jaarliks voor en die NSFAF moet sy beleid oor toekenning en skuldherwinning hersien.
Die risiko dat die NSFAF in die toekoms nie meer Namibiërs met studiegeleenthede sal kan ondersteun nie, bedreig nasionale toewyding tot voorsiening van hoër onderrig vir elke Namibiese kind, wat dit verdien, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie