NSSCO-kandidate: Enigiets is moontlik

St. Boniface-kollege se leerlinge het uitstekend in die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir gewone vlak(NSSCO)-eksamens gevaar.
Mariselle Stofberg
My Zone-redaksie – ’n Totaal van 81,1% van die 2019-kandidate wat die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat vir gewone vlak(NSSCO)-eksamens afgelê het, kan verder aan hoëronderwysinstellings studeer.

Vanjaar se uitslae toon ook ’n toename van 1,7% in die getal leerlinge wat vir graadkursusse aansoek kan doen.

St. Boniface-kollege het vanjaar weer eens skoonskip gemaak, met sewe van hul leerlinge wat onder die toptien-presteerders in die land is. Die skool behou ook hul nommer een-posisie onder die privaat skole in Namibië wat die NSSCO-eksamens afgelê het.

Die land se toppresteerder, Dennis Hamutenya, van St. Boniface-kollege, beoog om elektriese ingenieurswese aan die Namibiese Universiteit vir ­Wetenskap en Tegnologie (Nust) te studeer.

“Almal het potensiaal. Jy moet net in jouself en jou drome glo en moed hou, want die resultate is nie die einde van die wêreld nie.”

St. Boniface-kollege het nog ’n toppresteerder opgelewer: Max Mwifi se droom vir 2020 is om al sy drome na te streef en ’n beter weergawe van homself te word.

“Werk hard in alles wat jy aanpak, want enigiets is moontlik. Ek het nooit gedink ek sou die top tien kan haal nie, wat nog te sê top twee.”

Elizabeth Shihungileni, ook ’n leerling van St. Boniface-kollege, raai vanjaar se graad 12-leerlinge aan om nooit in hulself of hul vermoëns te twyfel nie.

“Werk hard, glo in jouself en plaas God eerste in alles wat jy doen,” sê sy.

Shihungileni beoog om vanjaar siviele ingenieurswese aan Nust te studeer.

Mateus Bulezi, ’n leerling aan die Sekondêre Skool Jacob Morenga, is vierde in die land en hoop om ’n verskil te kan maak in ander mense se lewens.

“Ek wil graag iemand anders kan help om ook die beste moontlike resultate te kry, want vertroue is om die eerste stap te doen in ’n reis waar jy nie altyd die eindpunt kan sien nie.”

Bulezi hoop om medies te studeer, waar hy ander mense sal kan help.

Kenneth Shoombe wil sy harde werk en sukses vanjaar op universiteit voortsit.

Dié leerling van St. Boniface-kollege, wat die vyfde posisie beklee, se raad aan toekomstige matrikulante is: “Stel vir jouself ’n rooster op en maak seker jy verstaan wat jou uitdagings is.”

Taimi Asino, van die Sekondêre Skool St. Therese op Tses, was deur emosie oorweldig toe sy as nommer ses in die land aangewys is.

“Ek wil vanjaar graag medies studeer. My raad aan die nuwe groep matrikulante is om weg te doen met enige negatiwiteit in hul lewens en eerder op jouself en God te fokus, want dan is enigiets moontlik.”

Twapewa Iita van St. Boniface-kollege wil vanjaar aptekerswese studeer. Sy moedig die nuwe groep graad 12-leerlinge aan om altyd in hulself te glo, want niks is onmoontlik nie, sê sy.

“Sê vir jouself jy kán dit maak in die lewe, want wonderwerke gebeur,” sê Iita.

Die nommer agt-presteerder in die land, Ingrid Meesher, ook van St. Boniface-kollege, wil ’n loopbaan in fisioterapie najaag.

“Mik altyd vir die beste en doen die ekstra bietjie wat nodig is om nommer een te wees. Met God is niks onmoontlik nie.”

Chrisley Bampton, nog een van St. Boniface-kollege se leerlinge wat onder die land se slimstes tel, gaan rekeningkunde aan die Universiteit van Namibië (Unam) studeer.

“Beweeg buite jou gemaksone en doen wat nodig is om jou drome te bewaarheid.”

Nuanco Anderson, ’n leerling aan die Sekondêre Skool Etosha, is die nommer tien-presteerder in die land.

Hy beplan om rekeningkunde aan Unam met behulp van ’n Deloitte-beurs te studeer.

“Stel jou doelwitte en probeer dit oortref, want enigiets is moontlik,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!