NSSU se meisies blink uit by Cossasa

Die seunspanne van Zimbabwe en Botswana het die naellope só oorheers dat Namibië geen medalje in dié afdeling kon wen nie.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se toerspan se totaal van 57 medaljes het hom algeheel derde op die medaljelys van die afgelope atletiekkampioenskap van die Konfederasie van Skolesportverenigings van Suider-Afrika (Cossasa) laat eindig.

Die driedaagse kampioenskap vir onder 13’s, o.15’s en o.17’s het Saterdag in Manzini, die tweede grootste stad in eSwatini (Swaziland), ten einde geloop.

Botswana se totaal van 96 medaljes was die meeste (28 goud, 33 silwer, 35 brons). Tweede op die lys was Zimbabwe met 83 medaljes (27 goud, 29 silwer, 27 brons).

Die derde geplaaste Namibië was die enigste ander land wat goue medaljes kon inpalm (26), wat saam met sy 15 silwer en 16 brons vir die totaal van 57 gesorg het.

Lesotho (vier silwer en drie brons) en eSwatini (een brons) was aan die onderpunt van die medaljelys, terwyl Zambië sy span voor die byeenkoms om finansiële redes onttrek het.

Wanneer al die meisiesatlete se punte bymekaar getel word, het Namibië die beste gevaar (257) teenoor Botswana se 253.3 en Zimbabwe se 193.5.

In die seunskompetisie was Zimbabwe baas (306) teen Botswana (292) en Namibië (124).

Dit is insiggewend dat die Namibiese seuns nie ’n enkele medalje in enige naelloopitem in enige ouderdomsgroep kon wen nie. Die Zimbabwe- en Botswana-seuns was baas. Nogtans het Ryk Erasmus en Sherman du Plessis genoeg punte opgebou om met algehele trofeë bekroon te word.

Op individuele vlak het die o.17-naelloper van Kavango-Oos, Beatrice Masilingi, in al drie haar naelloopafstande los onder die res uitgeseil. Die tye waarmee sy die 200 en 400 gewen het, was inderdaad vinniger as dié waarmee Tjipe Herunga verlede maand die senior nasionale kampioenskap gewen het.

Die Namibiërs wat agterna met trofeë bekroon is, was die volgende:

Beste veldatleet, junior meisies: Leané Boshoff (diskusgooi, 685 punte).

Beste veldatleet, senior meisies: Chrislene Klein (hoogspring, 808 punte).

Beste baanatleet, junior meisies: Anine le Roux (75 hekkies, 980 punte).

Beste o.13 meisiesatleet: Anine le Roux (2325 punte).

Beste o.15 meisiesatleet: Carien Oosthuizen (2562 punte).

Beste o.15 seunsatleet: Ryk Erasmus (2591 punte).

Beste o.17 meisiesatleet: Beatrice Masilingi (2611 punte).

Beste o.17 seunsatleet: Sherman du Plessis (2763 punte).

Die Namibiese atlete wat medaljes gewen, het soos volg presteer:

ONDER 13 MEISIES

75 hekkies: Anine le Roux goud (11.83), Cossasa-rekord was 12.31.

200 hekkies: Anine le Roux goud (30.98), Cossasa-rekord was 31.19; Mariesa van Rhyn silwer (31.36).

1500: Ngomashendo Ndreas silwer (4:49.02).

Hoogspring: Raune Mbinge brons (1.40).

Verspring: Anine le Roux silwer (4.85).

Gewigstoot (3 kg): Leané Boshoff goud (11.13); Marie Gey von Pittius silwer (10.87).

Diskusgooi (750 g): Leané Boshoff goud (46.64), Cossasa-rekord was 36.46; Marie Gey von Pittius silwer (40.62).

Spiesgooi (500 g): Leané Boshoff brons (27.31).

ONDER 15 MEISIES

100 meter: Carien Oosthuizen brons (12.47).

80 hekkies: Carien Oosthuizen goud (13.72), Porche Botha silwer (13.88), Mioné Garbers brons (13.94).

300 hekkies: Mioné Garbers brons (47.25).

800 meter: Elisia Nambudu goud (2:13.56).

1500 meter: Elisia Nambudu silwer (4:45.92).

4x100 aflos: Namibië brons (51.14).

Verspring: Tuané Silver goud (5.29).

Gewigstoot (3 kg): Tuané Silver goud (14.78), Cossasa-rekord was 12.03; Porche Botha brons (12.15).

Diskusgooi (1 kg): Tuané Silver goud (36.57).

Spiesgooi (500 g): Amoré Nell goud (39.49), Cossasa-rekord was 37.51).

ONDER 17 MEISIES

100 meter: Beatrice Masilingi goud (12.05).

200 meter: Beatrice Masilingi goud (24.39).

400 meter: Beatrice Masilingi goud (53.06), Cossasa-rekord was 55.15.

100 hekkies: Chrislene Klein silwer (14.76).

400 hekkies: Mia Brand silwer (65.57).

800 meter: Christine Mboma goud (2:11.39).

1500 meter: Christine Mboma goud (4:36.71).

1000 m wisselaflos: Namibië goud (2:12.94), Cossasa-rekord was 2:12.94.

Hoogspring: Chrislene Klein goud (1.69).

Verspring: Chrislene Klein silwer (5.47).

Gewigstoot (3 kg): Criselda Jenkins silwer (12.08).

Diskusgooi (1 kg): Criselda Jenkins goud (37.05).

Spiesgooi (500 g): Wilmé Els silwer (39.79).

ONDER 13 SEUNS

800 meter: Jamanovandu Thihange silwer (2:08.12).

4x100 aflos: Namibië brons (48.85) Roche Brand, Ryk Erasmus, Ashley van Wyk, Magalofe Naseb.

Gewigstoot (4 kg): Nicholas van der Colff goud (11.97), Cossasa-rekord was 11.82; Ernst du Preez brons (10.41).

Diskusgooi: Nicholas van der Colff goud (39.32), Cossasa-rekord was 36.87; Ernst du Preez silwer (36.10).

ONDER 15 SEUNS

Gewigstoot (4 kg): Christiaan Bernard goud (14.72).

Diskusgooi (1 kg): André Brandt brons (43.70).

Hoogspring: Vleermys Beethoven silwer (1.70), Johannes Kanyangela brons (1.68).

Spiesgooi: Dirk Theunissen goud (53.93).

ONDER 17 SEUNS

400 hekkies: André Retief goud (54.61).

Verspring: Mbino Kazavanga brons (6.28).

Gewigstoot (5 kg): Leeorr-El Breytenbach goud (14.72), Jan-Hendrik Potgieter brons (14.19).

Diskusgooi (1.5 kg): Leeorr-El Breytenbach goud (55,12), Ludwig Huber silwer (46.08).

Spiesgooi: Ludwig Huber goud (59.58).

• Toe verlede jaar se Cossasa-kampioenskap in Gaborone aangebied is, het Namibië as die wenspan uit die stryd getree. Zimbabwe het die tweede meeste medaljes gewen en Botswana was derde.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer