• Tuisblad
  • Sport
  • NSSU se o.15-toer na Serwië kan die toekomspad aanwys
NSSU se o.15-toer na Serwiu00eb kan die toekomspad aanwys
NSSU se o.15-toer na Serwiu00eb kan die toekomspad aanwys

NSSU se o.15-toer na Serwië kan die toekomspad aanwys

Elf atlete en ses skaak­spelers het die paal gehaal vir dié unieke geleentheid om Namibië se sporttalent in Europa uit te stal.
Andrew Poolman
Andrew Poolman en Enzo Amuele – Elf baan- en veldatlete asook die skaakspan van die Namibiese Skolesportunie (NSSU) vertrek vandag na Serwië se hoofstad Belgrado vir 'n groot internasionale kompetisie wat as 'n rigtingwyser vir dié atlete se toekoms kan dien.

Die NSSU stuur sy o.15-span na die Internasionale Skolesportfederasie (ISF) se wêreldspele wat van môre af tot 19 September beslis word. Egipte en Uganda is die enigste ander Afrika-lande wat spanne na Belgrado stuur.

Dis die eerste keer dat die ISF hierdie multi-sport spele (14 sportkodes) in die o.15-ouderdomsgroep aanbied, wat tevore wel vir die ouer groepe aangebied was, sê die NSSU se nasionale koördineerder, mnr. Sollie Duiker.

“Die NSSU het 'n sokkerspan ook oorweeg, maar in die omstandighede waarin kontaksport verbied was, kon ons nie 'n span kies of voorberei nie,” het Duiker gesê.

Die koördineerder sê die NSSU se nasionale atletiekkampioen­skap wat in April afgehandel is, het as die proewe gedien.

“Net atlete wat vertonings van minstens 800 punte in enige item gelewer het, is oorweeg vanweë hierdie byeenkoms se internasionale klas.”

Sommige atlete het die afgelope dae individuele borgskappe ontvang om die aansienlike toerkoste van meer as N$20 000 per atleet by te bring.

Die naelloper Epifania Johannes van Otjozondjupa het vir dié doel N$24 778 van Kalahari Holdings ontvang, terwyl Liina Nanhele, 'n graad 9-leerder van Hoërskool Tutaleni in Walvisbaai wat vir die 400 en 800 meter ingeskryf is, ook een van drie kinders van 'n enkelmoeder is wat nietemin die geleentheid wil aangryp om haar talent op sportgebied uit te leef.

Die NSSU se uitgesoekte groepie o.15-atlete:

• Leané Boshoff (Otjozondjupa, Karstveld Academie) gewigstoot, diskusgooi, 4x100 aflos

• Christiaan Burger (Khomas, Windhoek Gimnasium) gewigstoot

• Ruano de Carvalho (Hardap) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Jano Erasmus (Otjozondjupa, Edugate) 300 m hekkies, spiesgooi, 4x100 aflos

• Evandre Farmer (Otjozondjupa, Edugate) 100 m hekkies, 300 m hekkies, 4x100 aflos

• Epifania Johannes (Ohangwena, Otunganga Gekombineerde Skool) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Waldre Kotze (Khomas, Windhoek Gimnasium) diskusgooi

• Anine le Roux (Khomas, Windhoek Affies) 100 m, 90 m hekkies, 4x100 aflos

• Liina Nanhele (Erongo, HS Tutaleni) 400 m

• Megano Naseb (||Kharas, SS !Garib-ams, Oranjemund) 100 m, 200 m, 4x100 aflos

• Zack von Wielligh (Khomas, Windhoek Gimnasium) 100 m hekkies, 300 m hekkies, 4x100 aflos

Leané Boshoff en Megano Naseb is die twee spankapteins vir die atletiekspan.

Die skaakspan is Rheinhardt Jane Galeshewe, Karlush Ipangelwa, Stefan Becker, Jamie-Nicole Beukes, Luré Horn en Indila Abraham.

Die beamptes wat die span vergesel, is mnre. Irvin Ndjavera (missiehoof), Solly Duiker (adjunkmissiehoof), Roger Kamba­tuka (algemene spanbestuurder), Liebhardt Mogotsi (afrigter vir naellope), Hennie Boshoff (afrigter vir worpe), Juliet Jacky Beukes (afrigter vir skaakspan), Seleste Shiyova (spanbestuurder vir meisies), Seu Pulcheria Gowases (spanbestuurder vir atletiek) en dr. Christo Burger (spandokter).

Borge wat tot die NSSU-toer bydra, sluit in Indongo Toyota, Windhoek Stationers, Nam­Power, Blouberg Auctioneers, Burmeister & Partners en die myngroep De Beers.

FOTO
Die Namibiese o.15 skaakspan vir die toer na Serwië. Van links is Jane Galeshewe, Stefan Becker, Indila Abraham, Jamie-Nicole Beukes en Karlush Ipangelwa. Die afwesige speler is Luré Horn. Foto Enzo Amuele

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!