NSSU-span verdedig titel by Cossasa

Twee-en-sestig atlete van elke uithoek in die land is ná die nasionale kampioenskap gekies.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Namibië se skole-atletiekspan is bekend gemaak wat volgende week op 'n toer na eSwatini (Swaziland) vertrek.

Die hoofstad Mbabane is die aanbieder van die Konfederasie van Skolesportverenigings van Suider-Afrika (Cossasa) se jaarlikse kampioenskap tussen atletiekspanne van die streek vanaf 2 tot 4 Mei.

Die Namibiese Skolesportunie (NSSU) het sy span van 62 atlete aangekondig ná afloop van sy nasionale atletiekkampioenskap wat twee naweke gelede in Windhoek aangebied is. Dit is in die ouderdomsgroepe onder 13, o.15 en o.17.

“Die gekose atlete versamel in Windhoek vir 'n oefenkamp wat van môre (vandag) tot Sondag sal duur.

“Die oefenkamp sou al Maandag begin het, maar is uitgestel weens die onbeskikbaarheid van die regering se busse tydens die afgelope naweek se Namibian Newspaper Cup op Mariental vir sokker en netbal,” sê mnr. Sollie Duiker, die NSSU se nasionale koördineerder.

Die groep vertrek dan komende Maandag per bus na eSwatini. Die kompetisie begin op Donderdag 2 Mei en duur tot die Saterdag.

Toe verlede jaar se Cossasa-kampioenskap in Gaborone aangebied is, het Namibië as die wenspan uit die stryd getree. Zimbabwe het die tweede meeste medaljes gewen en die gasheer Botswana was derde.

Die lande wie se spanne volgende week verwag word, is Namibië, Bo­tswana, Zimbabwe, Zambië, Lesotho en eSwatini.

“Suid-Afrika se skolespan is al lankal gekies ná hul nasionale kampioenskap wat in Maart in die Paarl gehou is, maar die SA Olimpiese Komitee het nie toestemming vir hul deelname in Mbabane gegee nie. Malawi sal ook afwesig wees vanweë hul verkiesing,” sê Duiker.

Die uitgesoekte NSSU-atlete:



SEUNS ONDER 13

Jamanovandu Thihange (//Kharas) 1500, 800

Lukas Xhao Thomas (Omaheke) 1500

Kaleb Kalondo (Khomas) 200, 100

Ashley van Wyk (Hardap) verspring

F.E. Naseb Magano (//Karas) 100

Jurie Scholtz (Hardap) 200 hekkies

Jano Erasmus (Otjozondjupa) 200 hekkies,80 hekkies

Ernst du Preez (Khomas) hoogspring, diskusgooi, gewigstoot

Roche Brand (Khomas) 80 hekkies, 200 hekkies

Kristin Louw (Khomas) hoogspring, verspring

Nicholas van der Colff (Erongo) diskusgooi, gewigstoot, spiesgooi



MEISIES ONDER 13

Anine le Roux (Khomas) 75 hekkies, verspring, 200 hekkies

Marie Gey von Pittius (Hardap) gewigstoot, diskusgooi

Leané Boshoff (Otjozondjupa) gewigstoot, spiesgooi, diskusgooi

Naemi Indongo (Oshikoto) 1500

Rauna Mbinge (Otjozondjupa) hoogspring

Epifania Johannes (Oshana) 200

Kayla Louw (Hardap) 200, verspring, 100

Ngomashendo Andreas (Omusati) 800

Mariesa van Rhyn (Hardap) 200 hekkies, 75 hekkies

Kavari Kavenotjari (Khomas) 100

Kaaronda Uaanda (Otjozondjupa) 100

Evandre Farmer (Otjozondjupa) 200 hekkies, 75 hekkies



SEUNS ONDER 15

Ryk Erasmus (Otjozondjupa) 400, 200, 100

Stephanus Katenda (Kavango-Oos) 3000, 1500, 800

Nicholas du Plessis (Khomas) 100 hekkies

André Brand (Kunene) diskusgooi, spiesgooi

Dirk Theunissen (Khomas) spiesgooi

Christiaan Barnard (Omaheke) gewigstoot

Otjia Kaapama (Otjozondjupa) gewigstoot

Louw Rossouw (Erongo) verspring

Liseli Alpha Milomo (Khomas) 100, 200

Alesandro van Rooyen (Omaheke) 200, 100

Sakaria Tjamburu (Kunene) 800, 3000, 1500

Mattheus Burger (Khomas) 300 hekkies

Johann Kanyangela (Erongo) hoogspring

Beethoven Vleermuys (Khomas) hoogspring

Israel Kandundu (Otjozondjupa) hoogspring

Robert Shinana (Hardap) 400, verspring



MEISIES ONDER 15

U. Muharua (Otjozondjupa) 400

Porche Botha (Khomas) 90 hekkies, 300 hekkies, gewigstoot

Alessandra Kaura (Khomas) verspring, 300 hekkies, verspring

Tuané Silver (Khomas) diskusgooi, gewigstoot

Elisia Nambudu (Ohangwena) 1500, 800

Peneyambeko Titus (Ohangwena) 1500, 800

Carien Oosthuizen (Otjozondjupa) 200, 90 hekkies, 100

Mioné Garbers (Khomas) 200, 300 hekkies, 90 hekkies

Carla Schutz (Erongo) hoogspring

Ané de Bruin (Khomas) hoogspring

Amoré Nell (Hardap) spiesgooi

Lia Prinsloo (Otjozondjupa) 100, 400, 200



MEISIES ONDER 17

Beatrice Masilingi (Kavango-Oos) 400, 200, 100

Martha Simuma (Kavango-Wes) 3000

Chrislene Klein-Nienaber (Erongo) 100 hekkies, hoogspring, verspring

Mia Brand (Khomas) 100 hekkies, 400, 400 hekkies

Wilmé Els (Erongo) spiesgooi

Criselda Jenkins (//Kharas) diskusgooi, gewigstoot, spiesgooi

Nandi Vaas (Khomas) 400, 200, 100

Christine Mboma (Kavango-Oos) 1500

Ilona de Jager (Kunene) 100, 200

Marchandry Hendricks (Erongo) 100

Manesia Shilengata (Omusati) 800



SEUNS ONDER 17

Sherman du Plessis (Erongo) 400, 200

André Retief (Hardap) 400, 400 hekkies

Wilhdick Keith (//Karas) 400, 200

Seun Nakapata (Omusati) 3000

Delvin Losper (Khomas) 110 hekkies

Mbitjita Kaeka (Otjozondjupa) 110 hekkies, 400 hekkies

Cornelius “Koena” Kuhn (Kunene) gewigstoot, diskusgooi

Jan-Hendrik Potgieter (Otjozondjupa) gewigstoot

Leeoor-el Breytenbach (Khomas) gewigstoot, diskusgooi

Ludwig Huber (Otjozondjupa) diskusgooi, spiesgooi

Jurie Human (Khomas) 200

Naude Krohne (Kunene) hoogspring

Paul Joubert (Kunene) 100

Turipamue Mbongora (Omaheke) 800, 1500

Lazarus Mbaisa (Khomas) 800

Mbino Kazavanga (Erongo) verspring

• Die toerspan word onder andere vergesel deur mnre. Johannes Martin (NSSU) as missiehoof, Endjala December (NSSU-verteenwoordiger), Louis Cloete (NSSU) as algemene spanbestuurder, mee. Jo-Anne Manuel (verteenwoordiger van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens), Erica Beukes (Sportkommissie)

Die afrigterspan is mnre. Xvarius Smit (Erongo) vir naellope en hekkies; Hennie Horn (Erongo) vir spronge; Edward Kapewasha (Ohangwena) vir die middelafstande, en me. Christine van der Linde (Khomas) vir die werpitems.

Die spanbestuurder vir seuns is mnr. Christiaans (//Kharas) en vir meisies me. K. Katewa (Kavango-Wes).

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer