Nét Namibiërs kan ekonomie red, sê kenner
'n Hoëvlakpaneel wat die land se ekonomiese krisis moet help besleg, gee reeds dié week aan die president terugvoering.
Denver Kisting
Diegene wat munt slaan uit die ekonomiese krisis sal nie belangstel in oplossings vir die voortslepende ellende nie.
So sê mnr. Johannes !Gawaxab, voorsitter van die hoëvlakpaneel oor die Namibiese ekonomie.
“Diegene wat baat vind by die krisis sal hulle verset teen enige oplossings, omdat hulle geld maak uit die situasie,” sê hy.
Hy sê sedert hul aanstelling deur pres. Hage Geingob vroeër vanjaar het die paneel reeds wyd beraadslaag met die jeug, vakbonde, Namibië se Kamer van Mynwese en die Namibië Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI).
Dit is belangrik om te beklemtoon Namibië kan net deur Namibiërs ontwikkel word, sê !Gawaxab.
“Die uitdagings wat ons het, kan uiteindelik net deur Namibiërs die hoof gebied word.”
Die gesoute sakeman het 'n beroep op inwoners gedoen om met die paneel in verbinding te tree as hulle projekte het wat die ekonomiese krisis kan help besleg.
!Gawaxab sê die paneel gee reeds vandeesweek terugvoering aan die president oor beleidstruikelblokke wat uit die weg geruim moet word om beleggersvertroue te herstel.
Volgens hom is “vertroue die goedkoopste vorm van stimulus”.
'n Beleggersberaad word vir einde vandeesmaand beplan.
Die paneel het plaaslike, streek- en internasionale beleggers genooi om te kom beleef wat die land te bied het, het !Gawaxab gesê.
Hy sê die doelwit is onder meer om privatesektorgedrewe groei 'n hupstoot te gee.
Die beraad vind van 31 Julie tot 1 Augustus by 'n hotel in Windhoek plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie