NTB verloor saak teen Kankondi
Die Namibië Toerismeraad is gelas om sy voormalige hoof van finansies weer aan te stel.
Elvira Hattingh - Die voormalige hoof van finansies by die Namibië Toerismeraad (NTB) is ingevolge ‘n hofbevel Vrydag in haar pos heraangestel.
Boonop is gelas die raad moet meer as N$1,9 miljoen aan me. Ndapewa Kankondi uitbetaal, wat gelykaanstaande is aan die salaris en voordele wat sy verbeur het nadat sy op 1 Maart 2016 afgedank is.
Regter Collins Parker het Donderdag die NTB se appèl van die hand gewys en hom by die arbeidshof asook die arbiter Phillip Mwandingi se vroeëre uitsprake geskaar, waarin bevind is dat Kankondi onregmatig afgedank is.
Kankondi is ontslaan nadat die toerismeraad haar daarvan beskuldig het dat sy in 2013 versuim het om reisgeld van sowat N$40 000 aan hulle terug te betaal nadat ‘n reis na Duitsland uitgestel is.
In 2014 is drie klagte teen haar aanhangig gemaak, wat ingesluit het diensweiering en die misbruik van reisgeld. Tydens ’n dissiplinêre verhoor deur die raad is sy skuldig bevind en afgedank.
Kankondi het in Desember van dieselfde jaar appèl teen die besluit aangeteken en die skuldigbevinding op twee van die klagte is ter syde gestel, maar sy is weer skuldig op diensweiering bevind.
Kankondi het gesê haar reis na Duitsland is nooit gekanselleer nie, maar net uitgestel. Daarom het sy nie die reisgelde aan die raad terugbetaal nie. Later is wel reëlings getref om N$9 000 van die geld - in ooreenstemming met die NTB-maatskappybeleid - terug te betaal.
Die toerismeraad se uitvoerende hoof, mnr. Digu //Naobeb, het Kankondi daarvan beskuldig dat sy nie die reisgeld terugbetaal het totdat die NTB se ouditeurs dit agtergekom het nie.
In ’n kruisondervraging tydens die arbritrasieverhoor, het //Naobeb glo erken dat hy ’n vals klag van diensweiering teen haar ingedien het en nie geweet het dat sy reëlings getref het om die reisgeld volgens die maatskappybeleid terug te betaal nie.
Mwandingi het ook gesê //Naobeb het erken dat ander NTB werknemers nie gestraf is as hulle versuim het om reisgelde vir gekanselleerde of uitgestelde reise terug te betaal nie.
Ná die arbitrasieverhoor het die saak in die arbeidshof en daarna in die hoërhof gedraai nadat die toerismeraad elke keer teen die uitsprake geappelleer het.
Kankondi is deur Mbushandje Ntinda verteenwoordig, terwyl die toerismeraad se saak deur Richard Mueller behartig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie