NTE 2020 plaas fokus op groen energie
Volgende jaar se Namibië Toerisme Ekspo (NTE) gaan met groen energie as hooftema vol splinternuwe woema wees.
Die 22ste NTE en Motorskou sal vanaf 10 tot 13 Junie 2020 plaasvind en is Vrydag – op Wêreldtoerismedag – in die hoofstad by Arebbusch Travel Lodge se sonkragstasie bekend gestel.
Old Mutual Namibia en First National Bank Namibia is die hoofborge van die ekspo.
Mnr. Ndangi Katoma, Old Mutual Namibia se uitvoerende hoof vir bemarking, kommunikasie en kliëntestrategie, het tydens die bekendstelling gesê die NTE en Motorskou toon steeds groei.
Die tema “transformering van energie” sluit volgens Katoma aan by Old Mutual se voortdurende ontwikkeling en innovering tydens die 100 jaar wat die onderneming in 2020 reeds sake in die land sal doen. Transformasie is volgens hom ook noodsaaklik in die huidige ekonomiese toestande.
Volgens me. Madri van Wyk, FirstRand Namibia se handelsmerk- en bemarkingsbestuurder, ondersteun FirstRand, FNB en WesBank die bevordering van hernubare energie deur lenings aan besighede en individue beskikbaar te stel om byvoorbeeld sonkraginstallasies te finansier. By die NTE sal FirstRand fokus op spesiale finansieringsvennootskappe vir bekostigbare, omgewingsvriendelike kragvoorsiening. Hernubare energie is volgens Van Wyk toenemend ‘n belangrike maatstaf van ekonomiese en maatskaplike vooruitgang.
Beide Old Mutual en FirstRand se hoofkantore in Windhoek is voorbeelde van groen argitektuur en omgewingsvriendelike werksruimtes.
Volgens mnr. Albe Botha, Namibia Media Holdings (NMH) se uitvoerende hoof, sal die NTE ook aansluit by die viering van 30 jaar se demokrasie in Namibië. “Die NTE sal die energie van die ‘Land of the Brave’ transformeer sodat almal uit volhoubare toerisme kan voordeel trek,” het Botha gesê.
By die Motorskou sal elektriese voertuie besigtig kan word. Wat musiek en vermaak betref, sal die hooftema ook energie wees. NMH se funksies by die ekspo sal net groen energie gebruik.
Die Dorp van die Jaar-kompetisie sal op deelnemende dorpe se skoue en feeste fokus. Die beroepskou wat saam met die #-fees plaasvind tydens die NTE, sal die loep op beroepe in die hernubare energiesektor plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie