NTF stel mikpunte op alle vlakke
NTF stel mikpunte op alle vlakke

NTF stel mikpunte op alle vlakke

Triathlon
Andrew Poolman
Die Namibiese Triathlonfederasie (NTF) beplan om landwyd meer klubs op die been te bring om die sport se basis te verbreed.

Om vanjaar ook 'n hoog aangeskrewe tegniese en afrigterskursus, geborg deur die Afrika Triathlon-unie, in Windhoek aan te bied, is 'n verdere doelstelling, het me. Charmaine Shannon gesê nadat sy voor die naweek by die algemene jaarvergadering as president van die NTF herkies is.

Die NTF streef om vanjaar meer skole te betrek om aan triathlonbyeenkomste deel te neem.

Suksesvolle nasionale kampioenskappe vir 2017 in beide driekamp en tweekamp is ook op die agenda.

Op die langer termyn is die aanbieding van 'n Afrika-kampioenskap teen 2018 vir driekamp op beide teerpad en grondpad ook in die visier.

Nouer samewerking tussen organiseerders in die sport soos OTB Sport (Mark Brinkman), die oefenklub vir kinders T-Rex Training Tribe (Charmaine Shannon) en Cycletec (Frank Bombosch en Patrick de Goede) is ook bepleit ten einde hul eerstehandse ondervinding in die sport en vernuf met die organisering van kompetisies tot voordeel van die land se volgende geslag atlete aan te bied.

Shannon sê die doelwit is ook verklaar om junior driekampers te help kwalifiseer wat in 2018 na die Olimpiese Jeugspele in Buenos Aires gestuur kan word.



• Benewens Charmaine Shannon as president is die res van die NTF se top­bestuur soos volg:

Sekretaris-generaal: Erna Burger

Voorsitter: Pierre du Plooy

Tesourier: Wynand Dreyer

Atleteverteenwoordiger: Drikus Coetzee

Bykomende lede: Cheryl Young en Anton Swart.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!