NTY2017 kuier in Erongo
Sedert Vrydag besoek Namibia Media Holdings (NMH) se Dorp van die Jaar-span die kus om stemme in die uitdunrondte vir die Weste van die land te werf.
Vrydagoggend het Dani Booysen en Tira Nangolo Hentiesbaai besoek. Daar is by die munisipaliteit aangedoen en leerlinge van die Junior Sekondêre Skool Kamwandi was baie bly oor skryfbehoeftes geskenk deur Waltons en Mondi Rotatrim.
Vrydagmiddag het die munisipaliteit van Swakopmund ''n spesiale stemstasie voor hul gebou opgerig waar die NTY2017-span Coca-Cola glimlagte aan inwoners uitgedeel het.
Saterdagoggend is by die Namport Sake- en Toerisme-ekspo op Walvisbaai deurgebring, waar honderde inwoners hul stemme uitgebring het.
Die span besoek vandag Arandis en doen môre op Usakos en Karibib aan voordat die reis Woensdag op Omaruru afgesluit word.
Onthou om voor 4 November vir jou gunsteling Weste-dorp te stem.
NMH se ander borge vir NTY2017 is Nedbank Namibia, Vivo Energy (Shell), Pupkewitz Nissan, Kanaal 7 en die African Leadership Institute (ALI).
Kyk na video''s van die besoeke op die Namibia Tourism Expo-Facebookblad.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie