NTY2017 toer in //Kharasstreek

Dani Booysen
“Doen en Sien Self.”
So lui die naam van Satco se leerprojek op Karasburg, wat help om vroue deur middel van die ontwikkeling van vaardighede te bemagtig.
Hierdie ontwikkelingsinisiatief was een van die plekke waar ons Dorp van die Jaar-span Dinsdag in die verre Suide aangedoen het. Ook die grafte van Duitse Schutztruppe buite Karasburg is besoek.
Tanja Bause en Sheena Schwartz het tydens hul reis onder meer by padstalle tussen Karasburg en Keetmanshoop aangedoen. Op sy plaas Spitzkoppe buite laasgenoemde dorp, het mnr. Giel Steenkamp gewys hoe mesosourus-fossiele uit dié omgewing lyk.
Behalwe vir sakeondernemings op beide dorpe is op Keetmanshoop besoek afgelê by die museum en die nuwe standbeeld van wyle kaptein Hendrik Tseib. Die span het ook met houtkerwers gesels wat hul ware langs die pad verkoop.
Hulle is vandag op Mariental en môre op Rehoboth.
Die ander deelnemende dorpe uit die Suide is Oranjemund, Lüderitz en Aranos.
Namibia Media Holdings se vennote vir NTY2017 is Nedbank Namibia, Coca-Cola, die African Leadership Insitute (ALI), Pupkewitz Nissan, Vivo Energy/Shell, Kanaal 7 en Waltons.
Volg grepe uit die reis met meer foto’s by die Facebook-bladsy Namibia Tourism Expo.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!