Nudo kies nuwe leierskap
Ondanks ‘n oorwinning vir “Span Nudo”, hou die party se parlementêre verteenwoordiger vol hy is steeds die president.
Nudo het die afgelope naweek kongres gehou en volgens sy nuwe sekretaris-generaal, mnr. Josef Kauandenge, is nuwe leiers van die party met ‘n oorweldigende meerderheid van 410 stemme uit die 540 afgevaardigdes verkies.
Me. Utjiua Muinjangue is as president verkies en word die eerste vrou om ‘n politieke party in Namibië te lei.
Mnr. P.K. Kazongominja is as visepresident verkies, mnr. Ellia Kandji as nasionale voorsitter, mnr. Kapukatua Kuvare as ondervoorsitter, Kauandenge as sekretaris-generaal, mnr. Uaraa Uapingene as ondersekretaris-generaal, mnr. Fanuel Haukambe as tesourier, me. Kambanda Vei as adjunktesourier en mnr. Kavendjii Tjahuha as nasionale mobiliseerder.
“Ons verwerp pogings deur die voormalige president, mnr. Asser Mbai, wat gesê het die kongres is afgelas vanweë onopgeloste kwessies,” het Kauandenge gesê.
“Die voormalige leierskap se termyn het reeds op 28 Februarie 2018 ten einde geloop. Hulle het onbeskaamd en onwettiglik in hul posisies aangebly sonder om ‘n mandaat vir die verlenging van hul posisies te vra.
“Die kongres het hul pogings opgemerk om in hul posisies ná die kongres aan te bly, en dit verwerp deur nuwe leiers te verkies,” het hy bygevoeg.
Hy het dit ook duidelik gemaak dat geen kongres wat deur Mbai saamgeroep word, erken sal word nie.
“Onder Mbai het die voormalige leierskap klaaglik misluk om Nudo ‘n lewensvatbare en doeltreffende party te maak. Hulle het die party se finansies geplunder, die party wanbestuur en die party in ‘n ‘cuca-winkel’ van hul eie omskep,” sê Kauandenge.
Hy sê die party is gereed om die nuwe leierskap te verdedig en hulle selfs tot die howe te wend indien die ou leierskap versuim om hul poste te ontruim.
Nampa berig dat Miunjangue Saterdag voet by stuk gehou het dat sy die nuwe president is en dat sy sonder enige kompetisie verkies is.
Volgens Nampa is die geloofwaardigheid van Miunjangue se verkiesing egter ‘n twisappel omdat slegs lede van haar kamp (Span Nudo) aan die stemproses deelgeneem het. Afgevaardigdes van die opponerende “Span 100 persent VK” is toegang tot die stemlokaal belet terwyl ander nie gestem het nie omdat hulle nie deel van “’n onwettige proses” wou wees nie.
Miunjangue sê dis nie haar fout dat sommige lede van Nudo teen deelname besluit het nie. Sy het egter ontken dat daar verdeeldheid in die party is.
Tydens ‘n nuuskonferensie gister (Maandag) het sy klem daarop gelê dat daar geen sprake is om Mbai uit die party te verdryf nie en sy geen probleem daarmee het dat hy voortgaan om Nudo in die Nasionale Vergadering te verteenwoordig nie.
“Daar is geen twyfel dat die oomblik toe Mbai die kongres geopen het, die ou leierskap se termyn verstryk het en dit in die hande van die kongres was om nuwe leierskap te verkies nie. Hy het gevolglik geen gesag gehad om die kongres af te las nie,” het Miunjangue gesê.
Sy het daarop gewys dat lede van die party vooraf ‘n hofbevel probeer kry het om die kongres te verhoed omdat dit nie behoorlik beplan is nie. Daar moes byvoorbeeld ‘n onafhanklike verkiesingskomitee bestaande uit vier lede aangestel gewees het om die verkiesing te reël. Die hof het die aansoek van die hand gewys omdat dringendheid nie bewys kon word nie. Gevolglik het die lede besluit om in te val by die res en die kongres by te woon en daaraan deel te neem.
Volgens haar het die Mbai-kamp eers begin kapsie maak toe dinge nie verloop het soos hulle verwag het nie. Mbai se bewering dat 154 Nudo-lede uit Aminuis en Erongo onregmatig aan die kongres deelgeneem het, hou ook nie water nie gegewe die groot meerderheid waarmee die nuwe leierskap verkies is.
Miunjangue is van mening is die groot twisappel dat die kongres ‘n vrou as leier verkies het en dit vir sommige mans in die party onaanvaarbaar is.
Sy wil beter organisasie in die party, ‘n nuwe strategiese plan, modernisering en verteenwoordiging op plaaslike, streeks-, nasionale en ook internasionale vlak vir die party bewerkstellig. Miunjangue is ook van mening dat die party heelwat maatskaplike kwessies nie in die verlede voldoende onder die loep geneem het nie.
Mbai het op navraag van Nampa oor Miunjangue se verklaring dat sy die president is, gesê “dit is hul demokratiese reg om so te sê, maar wat betref die Nudo wat ek lei, is ek steeds die president.”
Hy sê ‘n datum vir ‘n nuwe kongres sal eersdaags aangekondig word om die party se nuwe leierskap te verkies. - Eie berig en Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie