Nudo 'teleurgesteld' met Geingob-uitlatings
'n Politieke party bevraagteken die staatshoof se siening oor voormalige SWATF- en Koevoetlede.
Die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het “totale afkeur” en “diepe teleurstelling” oor pres. Hage Geingob se uitlatings oor voormalige lede van die Suidwes-Afrika Gebiedsmag (SWATF) en Koevoet uitgespreek.
Die president het tydens die Heldedagvieringe op Oshakati die naweek na hulle verwys.
“Dit is veilig om aan te neem dat die president 'n gerieflike en polities-korrekte plek gekies het om die voormalige SWATF- en Koevoetlede sleg te sê en te verneder,” lui 'n verklaring van die party.
Nudo is van mening dat die president 'n perfekte geleentheid deur sy vingers laat glip het om te bewys dat Namibië inderdaad 'n tuiste vir almal is, ongeag aan watter kant hulle in die jare van die bevrydingstryd was.
“Hy het 'n geleentheid gemis om te bewys dat hy inderdaad die president van alle Namibiërs en nie net gekose enkeles is nie. Vir die president om die lot van voormalige SWATF- en Koevoetlede van die tafel te vee en 'n U-draai te maak, nadat hy aanvanklik ingestem het om die leierskap van die groep by Staatshuis te ontmoet en 'n komitee op die been gebring is om na die groep se eise te luister, klink na blote opportunisme,” lui die verklaring.
Nudo is van mening dat die beleid van nasionale versoening nie selektief toegepas behoort te word nie.
“Die president het ook probleme met berigte oor die Lubango-kerkers gehad en het gesê die kwessie moet in belang van die beleid van nasionale versoening nie oopgemaak word nie. Wat die president egter gerieflikheidshalwe vergeet, is die feit dat daar dogters, ma's en uitgebreide families is wat antwoorde soek oor wat met hul geliefdes gebeur het en waar hul oorskot is. Hoe lank sal hulle in die duister gehou word as gevolg van die selektiewe beleid van nasionale versoening?” wil Nudo weet.
Nudo wil hê die kwessie moet vir eens en altyd die hoof gebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie