Nudo veroordeel 'anargie'
Ná 'chaos' op Rooivlagdag op Okahandja word die regering daarvan beskuldig dat hy doelbewus nie hierby ingryp nie.
Die regering moet pa staan vir die wyse waarop die koningshuise van Maharero en opperhoof Vekuii Rukoro amper handgemeen geraak het by verlede naweek se herdenking van Rooivlagdag op Okahandja.
Dít is die mening van die National Unity Democratic Organisation (Nudo). Hulle het dié “anargie” ten strengste veroordeel.
Volgens Nudo wil dit voorkom of die regering, deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, doelbewus stilbly oor wie die regmatige eienaar van erf 1755 op Okahandja is.
Volgens Nudo het die regering hierdie besluit vertraag en dit het daartoe gelei dat “anargie” en chaos” aan die orde van die dag was.
“Die regering maak seker dat Ovaherero teen Ovaherero te staan kom, sodat die bloed moet vloei en hulle net kan terugsit en die vertoning geniet,” lui Nudo se verklaring.
Nudo eis dat die regering alle Ovaherero's ingevolge die Grondwet gelyk behandel en nie, soos tans, diegene wat binne die eg gebore is, “met fluweelhandskoene hanteer” en dié wat buite die eg gebore is, “met minagting” nie.
Nudo sê die party kan homself ook nie blind hou vir sommige oudstes in die Ovaherero-gemeenskap wat die “hele nasie gyselaar hou” nie.
“Dit is hoog tyd dat hierdie oudstes teruggaan na die beplanningsfase en die waardigheid van die Ovaherero-mense herstel deur weg te doen met kleinlikheid en onvanpaste gedrag wat tot die swartsmeer van die hele stam se naam sal lei.”
Nudo sê verder 'n gebied wat as nasionale monument geproklameer is, behoort nie meer aan enige individuele stam of familie nie, maar is openbare eiendom, waarop mense mag wees sonder om geviktimiseer te word.
Nudo spreek die hoop uit dat die oudstes met mekaar sal praat en nie weer oor dieselfde kwessies sal baklei wanneer hulle weer oor 'n jaar op Okahandja byeenkom nie.
Hulle het ook 'n beroep op die regering gedoen om so gou moontlik as bemiddelaar tussenbeide te tree sodat 'n einde gemaak kan word aan die kwessie van wie die regmatige eienaar van erf 1755 op Okahandja is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie