Nujoma, Iyambo na Mnangagwa se inswering
Nujoma, Iyambo na Mnangagwa se inswering

Nujoma, Iyambo na Mnangagwa se inswering

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Oudpres. Sam Nujoma en adjunkpresident Nickey Iyambo sal Namibië vandag in Harare by die inswering van Zimbabwe se tweede president, mnr. Emmerson Mnangagwa, verteenwoordig.

Dié aankondiging is gister net voor die einde van die Swapo-kongres se openingseremonie deur die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, gemaak.

Zanu-PF was een van Swapo se susterpartye wat ‘n boodskap by die geleentheid gelewer het. Die party se sekretaris-generaal se boodskap is deur ‘n verteenwoordiger voorgelees.

In die boodskap word die versekering gegee dat Zanu-PF sterk en “heel” bly.

“Ons is ‘n rewolusionêre party en niks sal ons onderkry nie. Dit is die rede waarom ons die wapen opgeneem het om vir vryheid te veg. Die party is groter as ‘n individu,” het die boodskap gelui.

In die boodskap is ook op die dissipline gewys wat Zanu-PF aan die dag gelê het tydens die afgelope week se omwentelinge wat die einde van die 37 jaar lange bewind van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe meegebring het.

“Dit kon ons verdeel het, maar dit het nie,” het die sekretaris-generaal se boodskap gelui.

Kuugongelwa-Amadhila het ook Namibië se solidariteit met Zimbabwe en die mense van die land herbevestig.

Ander partye wat ná afloop van Geingob se openingsrede boodskappe van solidariteit gelewer het, was die ANC van Suid-Afrika, die Botswana Democratic Party (BDP), Tanzanië se Chama Cha Mapinduzi (CCM), China en Kuba se kommunistiese partye, die Mozambique Liberation Front (Frelimo) van Mosambiek, die People's Movement for the Liberation of Angola (MPLA) van Angola, die Patriotic Front van Zambië, die Polisario Front van Sahrawi (Wes-Marokko), die Sosiaal-Demokratiese Party (SPD) van Duitsland en die Sweedse Sosiaal-Demokratiese Party.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!