Nujoma op verdediging

Augetto Graig
Augetto Graig en Catherine Sasman - Die beleërde minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, het gister verseker die volle kabinet was bewus van die omstrede grondtransaksie met mnr. Rashid Sardarov van Rusland.

Intussen het die Landless People’s Movement (LPM) gister sy stem by dié van die amptelike opposisie gevoeg en gevra Nujoma se kop moet rol.

Die staatskas het ook sy toestemming vir die transaksie gegee, het Nujoma gesê.

Hy het erken hy het die oordrag van titelaktes aan die staat en die huurooreenkoms persoonlik namens die regering onderteken het.

Die minister het gesê geen wetgewing verbied die regering om grond aan buitelanders te verhuur nie.

Die eerste jaar se huurgeld van N$160 000 is volgens Nujoma reeds ontvang. Die huurkontrak kan wanneer 99 jaar verstryk het volgens die minister hernu word indien die huurder die vereistes van die kontrak nagekom het.

Hy het aantygings deur die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) ontken dat die regering in werklikheid vir die plase betaal het. Sulke dokumente moet volgens Nujoma vervals gewees het “omdat ek persoonlik al die nodige, voorgeskrewe en formele akteoordragdokumente geteken het om toe te laat die plase word direk in die naam van die regering geregistreer,” het Nujoma gesê.

Sardarov se onderneming Comsar moet volgens Nujoma 15 nasate van vryheidsvegters werk gee en ? leerlooiery op Dordabis bou waar inwoners kan werk.

Buiten vir belastingpligte aan die staat het Nujoma herhaal miljarde bykomende dollar kan danksy die ooreenkoms vir die land inrol.

VERSET DUUR VOORT

Die LPM voer net soos die Popular Democratic Movement (PDM) aan die transaksie met Sardarov gee vir ander ryk buitelanders ‘n voet in die deur om grond in Namibië te bekom.

“Mnr. (Hage) Geingob, hou op om ‘n toeris te wees, kom terug vanaf Switserland en verwyder Uutono dringend,” het mnr. Bernadus Swartbooi van die LPM by ‘n nuuskonferensie gesê. Hy het die Sardarov-transaksie as deel van ‘n nuwe stormloop vir Afrika beskryf. Volgens die LPM sou ‘n hernubare huurkontrak van tien jaar wenkbroue minder laat lig het.

Nudo het gister in ‘n verklaring uitgereik waarin die party Nujoma versoek om te bedank. Indien hy nie wil bedank nie, moet Geingob hom afdank, eis Nudo.

Die adjunksekretaris-generaal van Nudo, mnr. Vetaruhe Kandorozu, het aan Nampa gesê Nujoma se hantering van grondsake skrik beleggers af.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!