Nujoma: Rumpf was u2019n beginselvaste man
Nujoma: Rumpf was u2019n beginselvaste man

Nujoma: Rumpf was ’n beginselvaste man

NAMPA
Die voormalige ambassadeur in Duitsland en Swapo-aktivis, mnr. Hanno Rumpf, was ‘n beginselvaste man, het die stigterspresident Sam Nujoma gesê.

Rumpf is op 8 Februarie oorlede en is Vrydag in Windhoek begrawe.

Volgens Nujoma het Rumpf sy patriotisme getoon toe Suid-Afrika se apartheidsregering Namibiërs verplig het om weermagdiens te doen.

“Ek onthou hom as een van die min wit, jong Namibiërs wat geweier het om opgeroep te word in die onderdrukkende weermag om teen sy landgenote te gaan veg. In plaas daarvan het hy in ballingskap saam met medevryheidsvegters vir die vryheid van sy mense en sy land baklei,” het Nujoma gesê.

Volgens die voormalige president was dit nie ‘n maklike besluit nie, maar het Rumpf by die vryheidstryd aangesluit omdat hy werklik in vryheid vir alle mense – ongeag ras, kleur, stam of geloof – geglo het.

Rumpf het sy land lank ná onafhanklikwording as senior administrateur en gerekende diplomaat gedien.

Tussen 2003 en 2006 was Rumpf Namibië se ambassadeur in Duitsland, gevolg deur Oostenryk en die Verenigde Nasies in Wene.

Hy was ook ambassadeur by die Europese Unie in Brussels en die Benelux-lande voor hy in 2015 afgetree het.

Tydens sy aftrede het Rumpf sy wye kennis en diplomatieke kundigheid met die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking gedeel.

Hy was ook tot sy dood lid van die Namibiese Vereniging vir Afgetrede Ambassadeurs. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!