Nujoma se kantoor trek laer
Nujoma se kantoor trek laer

Nujoma se kantoor trek laer

Dit is onbillik om ’n bejaarde staatsman sleg te sê wat nie in die parlement is om homself te verdedig nie, meen die stigterspresident se assistent.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die kantoor van die stigterspresident, mnr. Sam Nujoma, het by monde van mnr. Paul Shipale, sy senior spesiale assistent, uitgevaar teen opposisieleiers wat na hom as ’n boef verwys het.

Volgens Shipale het “die tweetal” van die Landless People’s Movement (LPM) nie maniere nie.

Hy sê hulle was gewalg toe hulle die onlangse skermutseling in die Nasionale Vergadering (NV) aanskou het.

Shipale het ook te velde getrek daarteen dat Nujoma ’n leuenaar en ’n verloorder genoem is.

Hy meen dié beledigings is “onparlementêr, onpatrioties en lafhartig”, omdat dit gemik is op ’n bejaarde staatsman wat nie in die NV is om homself te verdedig nie.

Shipale sê voorts: “Die kantoor van die stigterspresident sien dié ongeregverdigde aanval jeens die stigterspresident as uiters uitlokkend en versteur die vrede en bestendigheid in die land.”

Hoewel die verklaring deurgaans na óf die tweetal óf die paar verwys, word die opposisieleiers nie by name genoem nie.

Dit kom ’n dag nadat die speaker, prof. Peter Katjavivi, gesê het die gedrag van die leiers van die Landless People’s Movement (LPM), mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, in die NV is onaanvaarbaar.

Katjavivi het gistermiddag ’n beroep op alle LP’s gedoen om hulle daarvan te weerhou om kommentaar in die NV te skree en onvanpaste taal te gebruik.

Volgens die speaker ondermyn dié gedrag die vlot verloop van sake binne die huis. “Hierdie gedrag ontwrig die werk van die huis tot nadeel van die mense wat ons verteenwoordig. Ek sal nie dié tipe gedrag van enige lid van die agbare huis duld nie.”

Hy sê dit is nie net dié twee opposisielede wat aan dié “onparlementêre gedrag” skuldig is nie.

Sou Swartbooi en Seibeb nie hul gedrag staak nie, sal hy hulle uit die huis laat verwyder, het Katjavivi gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!