NUNW beskuldig Mbumba van inmenging
Die vakbondfederasie sê die sekretaris-generaal van Swapo moet binne drie dae om verskoning vra.
Catherine Sasman - Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) se verteenwoordiger by die afgelope vergadering van Swapo se sentrale komitee, mnr. Petrus Nevonga, is glo uit die vergadering geskop.
Dit omdat die party se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, na bewering met die vakbondfederasie se lys van verteenwoordigers gepeuter het.
Die NUNW het laat Sondagmiddag tydens ‘n nuuskonferensie gesê Mbumba het opsetlik en met kwaadwillige bedoeling ‘n lys name geïgnoreer wat die federasie aan hom verskaf het.
Die leierskap van die federasie vra daarom ‘n onomwonde verskoning van Mbumba binne drie dae en sê waarnemende partypresident Hage Geingob het gefaal om leierskap in die party te verskaf.
Die NUNW sê twee briewe is op 19 en 28 Augustus onderskeidelik aan Mbumba gestuur waarin dit duidelik gestel is dat mnr. Ismael Kasuto as president van die NUNW verwyder is en verbied is om in enige van die federasie se strukture deel te neem.
Dit is ook aan Swapo gestel dat mnr. Albert Liswaniso voorts as die waarnemende president van die NUNW gaan optree en dat Nevonga die verteenwoordiger op die Swapo sentrale komitee se vergadering sou wees.
Op 14 September is ‘n lys van 16 name ook by Mbumba ingehandig van die NUNW-verteenwoordigers vir die komende kongres van Swapo.
Mbumba het desnieteenstaande glo in ‘n brief aan Kasuto steeds na hom as die president van die NUNW verwys.
Die NUNW sê hierdie verontagsaming van Mbumba plaas die geloofwaardigheid en etiek van die bestuur van Mbumba en Geingob op die spel.
Dit sê die kantore van Mbumba en Geingob is verplig om die besluite van die NUNW wat ‘n onafhanklike filiaal van Swapo is, te respekteer.
Voorts sê dit die feit dat Nevonga uit die Swapo-vergadering Sondag geskop is, stuur ‘n “gemengde boodskap” aan die werkers dat hul lot – wat glo dieselfde is as gedurende apartheidsjare - gedurende die termyn van Geingob verseël is.
Die NUNW sê die feit dat Mbumba die instruksies van die federasie verontagsaam het, is ‘n duidelike teken dat werkers weerhou word om in demokratiese prosesse deel te neem en dat dít ‘n doelbewuste vernietiging van Swapo, “perestroika-styl”, kan beteken.
NUNW sê dit hou ook verreikende gevolge in vir die verhouding tussen Swapo en die vakbondfederasie.
Mbumba het gister egter teruggekap en gesê beide Kasuto en Nevonga het by die Swapo-vergadering opgedaag.
Kasuto is as lid van die Swapo sentrale komitee in sy hoedanigheid as NUNW-president vroeër gekies, nog vóór die binnegevegte in die federasie waar hy toe uitgeskop was.
“Dit is die NUNW se probleem,” het Mbumba gesê en bygevoeg dat hy twee verskillende lyste van die Kasuto-groep en van die NUNW se sekretaris-generaal, mnr. Job Muniaro, ontvang het.
“Die twee lyste is steeds daar; ek het onder geen omstandighede ingemeng nie,” het Mbumba gesê.
Volgens die lys wat deur Muniaro en Nevonga by Sondag se nuuskonferensie verskaf is, is die volgende persone die NUNW se verteenwoordigers by die komende Swapo-kongres: Mee. Anna Shiweda, Loide Shaanika, Sarafina Kandere, Hilma Uushona, Lovisa Ndeyapo Iikali, Ester Anna Nghipondokwa, Justina Jonas, sowel as mnre. Jacob Nghifindaka, Job Muniaro, John Uuskona, Evans Mawahu, Jessy Nombanza, Jacob Penda, Joseph Dinyano, en dr. Elijah Ngurare, die voormalige sekretaris van die Swapo-jeugliga wat koppe met Geingob en ander topbestuur van Swapo gestamp het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie