NUNW kry interdik teen sy voormalige president
Die hoërhof het mnr. Ismael Kasuto verbied om hom op enige wyse as die leier van die sambreelorganisasie vir Swapo-vakbonde voor te stel.
Hofverslaggewer - Die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) het gister in die hoërhof ‘n interdik teen die vakbondfederasie se afgedankte president, mnr. Ismael Kasuto, bekom.
Regter Boas Usiku het gelas Kasuto mag hom nie as leier van die beweging voorstel of enige vergaderings van, of namens Swapo se arbeidsvleuel, bywoon nie.
Hy is dus formeel uit die prentjie vir November se kongres van die regerende party.
Die hof het bevind die saak is dringend.
Kasuto mag nie die briefhoof van die NUNW gebruik of enige kommunikasie namens die federasie voer nie. Hy mag ook nie die NUNW se perseel betree nie.
Kasuto mag glad nie met enige aktiwiteite van werknemers, verkose leiers of enige vennote van die NUNW inmeng nie. Hy moet ook die koste van die regsgeding betaal.
Mnr. Sisa Namandje het namens die vakbondfederasie aangevoer Kasuto se optrede het wetteloosheid bevorder en verwarring veroorsaak in die NUNW en ander organisasies waaraan die federasie behoort. Die federasie het gestel sy reputasie is skade berokken.
Die voormalige president is op 19 Augustus vanjaar tydens ‘n spesiale vergadering van die uitvoerende bestuur weens pligsversuim met ‘n tweederdemeerderheidstem uit sy amp verwyder. Hy het aangevoer die vergadering was onwettig.
Kasuto en die verteenwoordiger van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het uit die vergadering gestap weens ‘n geskil omdat talle van die unies wat aan die federasie behoort nie hul lidmaatskapgeld betaal nie.
Hy is twee dae later van sy afdanking ingelig, maar het hom op 22 Augustus vanjaar, in ‘n brief gerig aan Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, steeds as president voorgedoen. Prokureurs het hom versoek om dadelik hierdie optrede te staak, waarna die aansoek om ‘n interdik gevolg het.
Die hof het die besluit om Kasuto af te dank as geldig aanvaar. Volgens regter Usiku moes Kasuto sy skorsing in die hof betwis het eerder as om dit bloot op uitdagende wyse te ontken. Totdat die bestuur se besluit ter syde gestel word deur ‘n hof, is dit volgens Usiku geldig.
Hy het bevind Kasuto het die reg in sy eie hande geneem deur homself steeds as president voor te stel. Sulke sake is volgens die regter in wese dringend.
“Howe is geneig om optrede te ontmoedig wat waarskynlik respek vir ordelike optrede sal ondermyn,” sê hy in sy uitspraak.
Kasuto het aangevoer die aansoekers het nie gesag om namens die NUNW op te tree nie. Volgens hom was die saak ook nie dringend nie en is hy steeds die president van die federasie.
Hierdie argumente is deur die hof verwerp.
Die MUN en Kasuto het klagte by die kantoor van die arbeidskommissaris aanhanging gemaak. Die regter het egter beslis die respondent kon nie met gesag verduidelik hoekom die stryd eerder deur die arbeidskommissaris as die hof hanteer moes word nie.
Volgens regter Usiku is dit nie nodig om verdere argumente oor die saak se meriete te hoor nie, aangesien die NUNW se saak klaar behoorlik gestaaf was.
Mnr. Gerson Narib het namens Kasuto opgetree.
Mnr. Albert Liswaniso neem tans as president van die NUNW waar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie