NUST-dosent as ICC-ondersoeker erken
NUST-dosent as ICC-ondersoeker erken

NUST-dosent as ICC-ondersoeker erken

Howe
Dr. Pilisano Masake, ’n dosent en adjunkdepartementshoof van sosiale wetenskappe by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST), is onlangs by die lys van professionele ondersoekers van die Internasionale Strafhof (ICC) gevoeg.

Die ICC is ’n permanente instelling met die mandaat om ernstige misdadigers op internasionale skaal te vervolg en te straf. Die instelling ondersteun nasionale howe en streef daarna om geregtigheid te laat seëvier.

In ’n brief aan Masake skryf mnr. Esteban Peralta Losilla, hoof van die ICC se advokaatsteunafdeling, dat hy aan die nodige vereistes voldoen om gevoeg te word by die gesogte lys persone wat in aanmerking kom om aan hofverrigtinge deel te neem.

Sy pligte as ’n genoteerde professionele ondersoeker sluit in die ondersoek na internasionale misdade soos volksmoord, misdaad teen die mensdom en oorlogsmisdade.

“Ek het misdade plaaslik ondersoek en dit was nog altyd my strewe om my kriminele ondersoekvaardighede buite Namibië te wys. Dus is dit vir my ’n reuseprestasie. Ek wil leer en blootgestel word aan nuwe ondersoektegnieke en vaardighede opdoen in die veld van strafregtelike ondersoek,” het Masake gesê.

Masake het vir 15 jaar as ’n speurder in die Namibiese polisie gedien. Sedert 2017 bied hy verskeie kursusse by NUST aan, onder meer in misdaadondersoek, strafprosesreg en strafreg.

“My blootstelling aan internasionale kriminele ondersoeke en internasionale kriminele regsprosedures sal my nou in staat stel om verdere kennis en vaardighede op te doen, wat weer ingesluit kan word in die kursusse wat ek aanbied. Op dié manier kan internasionale kriminele reg ingespan word om tot voordeel van ons eie regstudente te wees,” het hy gesê.

Professor Alinah Segobye, dekaan van die fakulteit, het gesê: “As die fakulteit en inderdaad die universiteit, is ons geëerd deur hierdie erkenning van dr. Masake se kundigheid. Ons hoop dat dit tot meer lof vir sy reeds baie suksesvolle loopbaan sal lei.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!