Nust skenk aan Idai-oorlewendes
Nust skenk aan Idai-oorlewendes

Nust skenk aan Idai-oorlewendes

NAMPA
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se fakulteit vir gesondheidswetenskappe het Woensdag klere aan oorlewendes van sikloon Idai geskenk.

Die skenking is deur Nust se adjunk- visekansellier vir akademie, mnr. Andrew Niikondo, aan Zimbabwe se ambassadeur, me. Rofina Chikava, oorhandig.

“Baie van die slagoffers het niks oor nadat al hul besittings, huise en diere weggespoel het nie. Ek hoop die skenking sal die Chimanimani-gemeenskap help,” het Niikondo gesê.

Chikava het by ontvangs van die skenking gesê dit sal die geraakte families help om hul lewens te herbou. Sy het bygevoeg sommige oorlewendes gaan nuwe lewens sonder hul geliefdes moet begin.

“Baie families is van mekaar geskei en party kon nog nie vasstel wat van hul geliefdes geword het nie,” het sy gesê.

Die ambassadeur het Nust se bestuur en werknemers vir hul hulp bedank.

“Ons is ook oortuig daarvan Nust sal met modules vorendag kan kom om die impak van klimaatsverandering in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap(SADC)-streek en wyer te bestudeer, asook hoe beplan kan word om sulke rampe te bestuur,” het Chikava bygevoeg.

Bykans drie miljoen mense is deur die sikloon geraak en honderde het in Malawi, Zimbabwe en Mosambiek gesterf. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!