NUST-studente stel NEDA bekend
Nuwe organisasie wil jeug ekonomies ontwikkel
Augetto Graig
Die Namibiese Ekonomiese Ontwikkelingsbelyning-beweging (Namibia Economic Development Alignment- NEDA) is verlede week deur mnr. Ndatulumukwa Haikali by die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (NUST) voorgestel. Hy was ondersteun deur die Swapo Jeugliga (SPYL) se woordvoerder, mnr. Neville Itope, en die adviseur oor jeug en ontwikkeling vir president Hage Geingob, me. Daisry Mathias, met die waarnemende sekretaris van die SPYL, mnr. Veikko Nekundi, ook in die gehoor.
Met die klanke van die NUST-kultuurfees as agtergrondmusiek, het ’n handvol studente geluister na wat te sê was.
“Ek het tot die besef gekom van my groeiende passie vir die ekonomie en veral hoe om my land ’n beter woonplek te maak. Ek sal daarin kan slaag deur uit te reik na mense wat klein besighede bestuur om hulle te help uitbrei, wat ook aan my medejeug meer werkgeleenthede te bied. Dus is ek dankbaar om te kan sê ek doen iets beter wat my land beslis sal help om op nywerheidsbgebied te ontwikkel. Ek ag dit my plig om die organisasie met alles waaroor ek beskik, te laat groei,” het Haikali gesê.
Tans die adjunkpresident van die ekonomiese klub van NUST en die skrywer van die boek Omona Wamukweni Eyoka wat oor die mishandeling van weeskinders handel, in 2015, was Haikali, die stigter en eerste president van NEDA, ferm oor die organisasie se doelwitte. Die hoofdoel is om die studie van die ekonomiese wetenskap te bevorder, “en om nuwe deure oop te maak”. Hy wil ook navorsing oor die Namibiese ekonomie ondersteun, plaaslike kleinsake-eienaars deur middel van die regering help om met buitelandse ondernemings saam te werk en by buitelandse sakekennis te baat. “Ons wil as ’n waterpyp werk wat tegniese vaardighede van buitelandse kenners oordra,” sê Haikali.
Itope het lede van NEDA aangemoedig om die Namibiese jeug te ondersteun in die poging om die openbare stryd om meer werkgeleenthede te skep, nog wyer en meer inklusief te maak. “Ons moet saam aan nasionale eenheid bou. Ons moet saam die verlede regstel en die geleenthede van die toekoms saam uitbrei. Dit is ook nodig dat ons leiers en ons burgers tot ’n dapper plan om ’n beter toekoms te skep verbind moet wees. As jy dink aan Harambee, moet jy jouself afvra, wat kan ek doen om dit te laat slaag?”
Volgens Mathias is NEDA, “een waaragter ons ons volle gewig moet sit, wat ons moet aanbeveel en aanmoedig.” Sy het na die spesifieke geteikende jeugontwikkelingsaspek van die Harambee-welvaartplan verwys en NEDA-lede daaraan herinner dat 60% van die Namibiese bevolking jeugdiges is. “Ons ontwikkeling moet oor waardigheid en selfstandigheid gaan, en dus ook oor werkverskaffing. Dit is die rol van die jeug om agente van verandering te word; werkverskaffers,” sê sy. “Selfs al verskaf jy eers net werk vir jouself sal die besigheid groei en jy lewer ’n bydrae tot die ekonomie; glo my. Dit is nodig dat Namibië verander tot ’n entrepreneuriese staat. Ons moet entrepreneurs word wat nywerhede bou en massawerkgeleenthede skep,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie